REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA


DEBATTE
VAN DIE
PARLEMENT VAN DIE
PROVINSIE WES-KAAP
(HANSARD)

TWEEDE SESSIE - TWEEDE PARLEMENT
VAN DIE PROVINSIE WES-KAAP

Die teken * dui 'n vertaling aan. Die teken , waar dit later in dieselfde toespraak gebruik word, dui die oorspronklike taal aan.
				
		
	MAANDAG, 13 MAART 2000	1255
	
VERRIGTINGE VAN DIE WES-KAAPSE PROVINSIALE PARLEMENT

	 
Die Huis kom om 14:15 byeen.

Die Speaker neem die Stoel in en lees die Gebed.

AANKONDIGINGS, TERTAFELLEGGINGS EN KOMITEEVERSLAE-kyk bl 1285.

STATEBONDSDAG

(Aankondiging)

*Die SPEAKER: Orde! Ek moet daarop wys dat vandag Statebondsdag is, en aankondig dat alle takke van die Parlementre Vereniging van Statebondslande 'n boodskap deur Haar Majesteit die Koningin as Hoof van die Statebond ontvang het, en daardie Boodskap sal vandag ter Tafel gel word.

FIFA-AFVAARDIGING IN KAAPSTAD

(Voorstel)

*Mnr D SILKE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis die FIFA-afvaardiging na Kaapstad verwelkom en die hoop uitspreek dat die besoek gunstig sal bydra tot 'n positiewe besluit by die toekenning van die Wreldbeker-Sokkertoernooi in 2006 aan Suid-Afrika.

Goedgekeur.


OOS-KAAPSE KONGRES VAN NUWE NP

(Voorstel)

Mnr S E BYNEVELDT: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis daarvan kennis neem dat die pas afgelope Oos-Kaapse Kongres van die Nuwe NP die weg gebaan het vir samewerking tussen die ANC en die Nuwe NP in die Oos-Kaap en dat die Nuwe NP gesprekvoering met die DP as 'n verkwisting van tyd beskou en dat di verwikkeling net daartoe bydra om die koalisie in die Wes-Kaap onder verdere verdenking te plaas en dit as hoogs onheilig te beklemtoon.

Die SPEAKER: Orde! Is daar enige besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

HUIS IN KOMITEE:

Die Voorsitter van Komitees neem die Stoel in.

WES-KAAPSE BEGROTINGSWETSONTWERP [W5-2000]

(Komiteestadium hervat)

Begrotingspos 6 - Gesondheid

*Die MINISTER VAN GESONDHEID: Me die Voorsitter, ek sal probeer om so gou moontlik te maak.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Na 'n lang tydperk van drastiese afskaling en herstrukturering van gesondheidsdienste, wat gevolg het op 'n afname in rele besteding van net minder as 10% oor die afgelope vier jaar, betree die Tak: Gesondheid uiteindelik 'n tydperk van stabiliteit en het ons nou die geleentheid om ons dienste te verfyn.

Dit is vir my aangenaam om vandag 'n begroting vir die 2000-01-boekjaar voor te l wat in rele terme 'n bykomende R69 miljoen verteenwoordig. Onder die omstandighede beskou ons dit as 'n regverdige en redelike toewysing.

Ons deel almal 'n visie van 'n gemeenskap waarin daar optimaal voldoen word aan die gesondheidsorg behoeftes van elke persoon, waar die inherente waardigheid van elke pasint gerespekteer en beskerm word en waar gesondheidsgeriewe die onderwerp van trots vir personeel en gemeenskappe is en 'n klimaat skep wat bevorderlik is vir genesing.

Ek onderneem om die begrotingstoewysing wat tot ons beskikking is, te gebruik om daardie visie oor die volgende paar jaar te verwesenlik. Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om met agb lede gedagtes te deel oor hoe ons van plan is om hierdie onderneming gestand te doen.
Die sleutel tot ons strategie l eenvoudig in diens, of in Engels, "S-E-R-V-I-C-E", waar -

-	"S" staan vir "Spending wisely";

-	"E" staan vir "Efficient and effective management";

-	"R" staan vir "Revenue generations";

-	"V" staan vir "Visible improvement in prevention and control measures for HIV/Aids and TB";

-	"I" staan vir "Improving public perception";

-	"C" staan vir "Caring more";

-	"E" staan vir "Entering into partnerships with the private sector".

Wat doen ons om geld meer verstandig te spandeer? As 'n basiese stap in die rigting van meer verstandige besteding het ons in die 2000-01-boekjaar besluit om die grootste deel van die skuld deur plaaslike owerhede wat oor die afgelope paar jaar opgeloop het, uit ons boeke te vee. Ons het R43 miljoen vir hierdie doel begroot, en die agb Minister vir Plaaslike Regering sal bly wees om dit te verneem.

Ons gaan voort om besteding aan primre gesondheidsorg, gegrond op die kostedoeltreffendheid van hierdie ingrypings, te prioritiseer. Die prioritisering van primre gesondheidsorg oor die afgelope paar jaar het daartoe gelei dat aanmeldings by primre gesondheidsorggeriewe vir die afgelope drie jaar met 27% toegeneem het, saam met die instelling van gratis primre gesondheidsorgdienste en die oprigting van 52 nuwe primre gesondheidsorginrigtings oor die afgelope drie jaar. In ooreenstemming met die voorgenome verskuiwing van die grootste deel van die pasintelading vanaf duur tersire akademiese hospitale na ander hospitale het toelatings tot akademiese hospitale met 24% afgeneem, terwyl toelatings tot streekhospitale oor dieselfde tydperk met byna 24% toegeneem het.

Die rele begrote toename vir primre gesondheidsorgdienste vir die 2000-01-boekjaar is 8,5%. Hierdie besteding gaan gepaard met ander ingrypings wat daarop gemik is om die gesondheidstatus van die armste gemeenskappe te verbeter.

Terselfdertyd kan ons nie voortgaan om by ons akademiese hospitale te besnoei sonder om 'n ernstige verswakking in akademiese geneeskunde en 'n massa-uittog van professionele kundigheid te veroorsaak nie. Die begroting vir akademiese hospitale is dus met 6,8% verhoog, ondanks die feit dat die nasionaal befondste Sentrale Hospitale Toelae in die nuwe boekjaar met minder as 1% verhoog word.

Om aandag te begin gee aan die geweldige agterstand ten opsigte van mediese toerusting maak ook deel uit van meer verstandige besteding. Die toewysing vir toerusting is dus tot R50 miljoen verhoog, wat die grootste toerustingtoewysing in Gesondheid is oor die afgelope vyf jaar. Daar word gehoop dat hierdie toewysing die gehalte van sorg sal verbeter, ons sal help om slimmer te werk te gaan en sal bydra tot die behoud van professionele spesialiskundigheid in ons hospitale.

Kom ek gee 'n voorbeeld aan agb lede. Tans word pasinte in ons akademiese hospitale wat magnetiese resonansskanderings of MRIs nodig het, na die privaatsektor verwys teen 'n koste van meer as R1,2 miljoen per jaar, en dit sluit nie kostes ten opsigte van vervoer en begeleiding deur verpleegpersoneel in nie. Vanwe die onkoste is toegang tot MRI-geriewe beperk. Op grond van 'n evaluering van langtermyn kostedoeltreffendheid en die behoefte aan die diens, het ons nou besluit om in die komende boekjaar vir sowel die Groote Schuur Hospitaal as die Tygerberg Hospitaal 'n MRI-masjien aan te koop, en die onkoste oor drie jaar te versprei. Hierdie aankope sal 'n positiewe uitwerking op bykans elke departement en afdeling in daardie hospitale h.

Die eerste "E" in "service" staan vir "efficient and effective management". Wat effektiewe en doeltreffende bestuur betref, fokus ons nou daarop om regdeur die Tak: Gesondheid slimmer te werk te gaan. Die strategiese planne van elke direktoraat en instelling word ontwikkel om meer spesifiek as voorheen op strategiese en bedryfsdoelwitte, verantwoordelike persone en teikendatums te konsentreer. Daarby is prestasie-ooreenkomste aangegaan met senior personeel. Dit sal my en die departementshoof toerus om prestasie doeltreffend te moniteer.

In daardie gevalle waar potensile probleme met doeltreffendheid gedentifiseer word, sal remedirende stappe gedoen word. In afwagting van die vereistes ten opsigte van finansile administrasie ingevolge die Wet op Openbare Finansile Bestuur, is R11 miljoen geoormerk om finansile stelsels te versterk en om toepaslike finansile en administratiewe personeel op te lei.

Die sogenaamde Gemeenskapsgesondheidsdiensorganisasie (GGDO), is gedentifiseer as 'n veld wat ons in die toekoms beter moet bestuur. Op ons versoek word 'n werkstudie-ondersoek tans gedoen om 'n toepaslike nuwe bestuurstruktuur vir die GGDO te bepaal. Die herstrukturering sal onderneem word op 'n manier wat ooreenstem met die voorgestelde afwenteling van primre gesondheidsorgdienste na plaaslike regering in Julie 2001. Die Distriksgesondheidstelsel sal self tot belangrike bestuursdoeltreffendheid lei as gevolg van 'n afname in fragmentering en duplisering van dienste.

Laat my toe om 'n paar ander voorbeelde te noem van hoe ons beplan om meer effektief te bestuur.

In die loop van die jaar sal inboekstelsels uitgebrei word na alle buitepasintedepartemente in alle gesondheidsfasiliteite in die metropolitaanse gebied. Dit sal pasinte se wagtyd geweldig verkort.

'n Toegewyde interhospitaal-ambulansoordragstelsel is ingestel om gewone ambulanse vir werklike noodgevalle vry te stel. Danksy Rotarirs Internasionaal is die eerste twee toegewyde interhospitaal-voertuie in Desember 1999 in gebruik geneem, en nog drie voertuie sal teen die einde van April 2000 in bedryf wees. Ek wil ook noem dat 'n bedrag van R5 miljoen opsy gesit is vir die aankoop van 20 nuwe noodambulanse in die 2000-01-boekjaar.

Daar word beoog om gedurende die jaar 2000 rehabilitasiedienste te rasionaliseer en konsolideer in 'n nuwe rehabilitasiesentrum wat by die Conradie Hospitaal gebaseer sal word.

*Die "R" in "service" staan vir "revenue generations", dalk die belangrikste deel vir Gesondheid in die komende 24 maande. In die lig van toenemend strenger fiskale beperkinge besef ons dat die enigste reddingsboei wat vir die tak beskikbaar is, die skepping van eie inkomste is. Dit sal daarom die fokuspunt vir die nuwe sakebestuurder wees. Die tak is besig om die kontrak met die kandidaat wat vir die pos as sakebestuurder benoem is, te finaliseer.

Onder leiding van die sakebestuurder sal ons besliste en moedige strategie in werking stel om inkomste en besparings vanjaar soos volg te verhoog:

-	Die konsep van heffings vir enkelsale, wat in November 1999 by party inrigtings ingestel is, sal uitgebrei word om aan meer pasinte die voordeel van enkelbedsale in ruil vir die betaling van 'n heffing te bied. Hierdie voordeel is beskikbaar vir alle pasinte en nie net vir private betalende pasinte nie.

-	Ons sal maatrels instel om meer private, betalende pasinte na ons hospitale te lok. Dit is gebiedend noodsaaklik.

-	Ons is besig met die ontwikkeling van kostesentrum rekenkundige en verbeterde faktureringstelsels.

-	Die handelsrekening wat by die Karl Bremer Hospitaal ingestel is, sal gevalueer word met die oog daarop om verdere loodsprojekte uit te brei na die Vredenburg Hospitaal en die apteke by albei akademiese hospitale.

-	Ons sal konsentreer op die doeltreffende bedryf van nie-kliniese dienste, met inbegrip van die beter benutting van wasserydienste.

-	In die algemeen sal ons soek na maniere om bestaande dienste in hospitale te herorganiseer om hulle te help om beter te presteer.

Dit was verwysings na maar net 'n paar van ons inkomsteskeppende inisiatiewe, wat ons nie net in staat sal stel om beter diens en toegang vir die armstes onder die armes te bewerkstellig nie, maar die openbare siening van ons geriewe beduidend sal verbeter.

In hierdie boekjaar beplan ons ook om te begin met samesprekings met gesondheidsorgfinansierders om ons te help om munt te slaan uit openbare sektor voordele kragtens die nuwe Wet op Mediese Skemas, 1998 (Wet 131 van 1998).

Ons sal in die komende jaar konsentreer op die inwerkingstelling van behoorlike aansporingsmaatrels vir inkomste. As deel hiervan sal ek by die Kabinet voorspraak maak daarvoor dat sommige inrigtings wat hul inkomste teikens oorskry, al die bykomende inkomste moet kan behou. Ek glo vas dat dit nodig is om toereikende aansporingsmaatrels daar te stel ten einde inkomsteskepping op inrigtingsvlak te verbeter.

Hierdie boekjaar sal die grondslag l vir dramatiese groei in die 2001-02-boekjaar. Die "V" in "service" staan vir "visible improvement in prevention and control measures for HIV/Aids and TB". Ek hoef nie vandag uit te brei oor die omvang of erns van hierdie verwante epidemies nie. Dit is genoeg om te s dat die stryd teen hierdie epidemies as 'n prioriteit gedentifiseer is.
Vir die 2000-01-boekjaar het ons 'n bykomende R500 000 toegewys om die kordinasie en bestuur van TB te verbeter, met die oog daarop om die genesingsyfer oor die volgende drie jaar van 68% tot 80% te verbeter. Die totale besteding aan die beheer van TB in die Tak: Gesondheid word reeds op meer as R100 miljoen geraam.

Ons het R7,3 miljoen meer geoormerk om die verspreiding van MIV/Vigs te bestry, aanvullend tot enige bykomende toewysings wat ons kan ontvang, soos uit die bedrae wat vroer vandeesmaand deur die nasionale Minister van Finansies in sy Begrotingsrede aangekondig is.

Die Departement van Gesondheid sal binnekort 'n bygewerkte provinsiale Vigs-strategie aankondig. Sleutelkomponente van die strategie sal ingrypings wees wat onder meer gemik is op 'n versterkte konsentrasie op gebiede waar 'n relatief ho voorkoms van MIV/Vigs gedentifiseer is; die verhoging van die ouderdom van eerste seksuele kontak; die uitbreiding van die sindromiese bestuur van seksueel oordraagbare siektes; die verlaging van die voorkoms van moeder-tot-kind-oordrag; die voortsetting van ons program van vrywillige berading en toetse by elkeen van ons gesondheidsgeriewe; die destigmatisering van Vigs; en die kordinering van MIV/-Vigs-voorkomingsbedrywighede tussen die regerings- en nie-regeringsorganisasies.

Wat laasgenoemde strategie betref, sal ek die Kabinet nader met die voorneme om, soos al die ander provinsies, 'n Vigs-raad op dieselfde grondslag as die een op die nasionale vlak saam te stel, maar hierdie raad sal onpartydig wees en die nodige kundiges op hierdie gebied insluit.

Ek wil graag hierdie geleentheid gebruik om my te vereenselwig met die kommer wat oor die afgelope paar dae in die media uitgespreek is oor die feit dat 40% van die geld wat aan die nasionale Departement van Gesondheid se MIV/Vigs-direktoraat toegewys is, nie bestee is nie. [Tussenwerpsels.] Dit is 'n skande dat die geld wat in die nasionale Regering se skatkamers oorgebly het, nie aan die provinsies oorgedra is nie. Ek dink al die provinsies staan gereed om hierdie geld namens hulle te bestee, en dat al die provinsies my sal ondersteun en dit moontlik tydens die komende Minmec-vergadering aan die einde van die week sal ophaal.

Die "I" in "service" staan vir "improving (the) public perception" van ons hospitale. Ek was vanoggend by Tygerberg Hospitaal en die ongelukkige indruk was dat dit nie die beste plek is om te gaan as 'n mens baie siek is nie. Ek dink ons moet daardie opvatting verander, want dit is nie noodwendig die waarheid nie.

Die verbetering van ons openbare beeld is noodsaaklik as ons mense terug in ons hospitale wil h en wil h hulle moet betaal. Dit is ongelukkig waar dat die gesondheidsdiens in ons provinsie gedurende die afgelope paar jaar van afskaling en herstrukturering 'n geweldige knou gekry het, en sy openbare beeld is geskaad. 'n Swakker openbare beeld lei tot 'n daling in belangstelling, dit lei tot die daling in trots, dit lei tot die daling in moraal van die personeel en dit lei onvermydelik tot die daling van standaarde.

Ek is ten volle verbind om hierdie negatiewe tendens om te keer. Ons sal dit regkry deur konkrete tussenkoms wat daarop gemik is om gesondheidsfasiliteite op te gradeer in so 'n mate dat gemeenskappe, pasinte en personeel weer daarop trots sal wees om ons inrigtings te besoek.

Dr A E VAN ZYL: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Aansienlike vordering is reeds gemaak. Die nuwe en verbeterde spesialis-buitepasintdepartement by die Rooikruis Kinderhospitaal sal in Julie 2000 open. Hulle is tans besig met die opgradering van R241 miljoen by die Rooikruis Hospitaal, wat hoofsaaklik moontlik gemaak is deur die geweldige steun van die privaatsektor. Dit gaan daartoe aanleiding gee dat die grootste multidissiplinre pediatriese intensiewesorgeenheid ter wreld vanjaar by die Rooikruis Hospitaal sal open.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Die Tygerberg Hospitaal, sowel as die Groote Schuur Hospitaal, se spesialisgebiede vir dagchirurgie is heeltemal opgeknap. Ons het vanoggend die Tygerberg Hospitaal se spesialisgebied besoek. Dit is ongelooflik om te sien wat mense met private geld daar gedoen het en hoe dit opgeknap is. Ek sal binnekort die lede van die Staande Komitee oor Gesondheid, Maatskaplike Dienste, Kantoor van die Premier en Korporatiewe Dienste nooi om saam hierdie hospitale te besoek sodat hulle kan sien hoe ons hospitale verbeter het.

Die voordele van hierdie dagchirurgiesale sluit nou groter gerief in vir die pasinte en minder kostes vir die hospitale.

Boonop het innoverende inisiatiewe deur spesifieke departementshoofde in hierdie hospitale daartoe aanleiding gegee, met 'n minimale kapitaaluitleg, dat belangrike visuele verbeterings in spesifieke eenhede en sale gedoen is. Dit is verstommende verbeterings! Die verbeterings by die Oogkliniek van die Tygerberg Hospitaal, wat met skenkerfondse van Shoprite/Checkers aangebring is, is 'n uitstekende voorbeeld van wat gedoen kon word met die R130 000 wat hulle daar spandeer het. Dit is ongelooflik om te sien hoe dit verbeter het.

Ons sal hierdie inisiatiewe sterk aanmoedig. In di verband is ek vasbeslote dat die Tak: Gesondheid en ons inrigtings die beskikbare geld koste-effektief moet aanwend vir kapitaalwerke en verbeterings. Ek sal die Tak: Gesondheid vra om met die Departement van Werke te beraadslaag om alternatiewe te oorweeg ten opsigte van die tender- en verkrygingsprosedure waar dit sigbaar en meer koste-effektief sal wees.

Ons sal ook poog om werk vir die kleiner sakeman te genereer. Die werk aan hierdie klein verbeterings in die hospitale genereer werk vir die kleiner sakeman. Dit is geweldig belangrik.

Ek het vanoggend met die kontrakteur daar gepraat. Hy het ges as 'n jong man het hy as 'n messelaar die Tygerberg Hospitaal help bou. Vandag, op die inisiatief van die Oogkliniek, doen hy reparasies. Dit is 'n klein sakeman wat daardeur bevoordeel word.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Sodoende kan daar byvoorbeeld geleenthede vir ons hospitale en klinieke wees om 'n meer aggressiewe finansile benadering te volg, soortgelyk aan dit wat nou gebeur met skoolbeheerliggame. Ek dink dit is iets waaraan ons in die toekoms aandag moet skenk.

Ek sal binnekort vra vir voorstelle van private ontwikkelaars om die ontvangsgebied van die Tygerberg Hospitaal te opgradeer as 'n mini-winkelkompleks, wat ondernemings soos restaurante, kafees, skryfbehoeftewinkels, blomboetieks, en so meer, kan insluit. Dit sal ons niks kos nie, maar dit sal die totale atmosfeer by daardie hospitaal verander.

'n AGB LID: Hoor, hoor!

Die MINISTER: So 'n inisiatief sal beslis slaag, aangesien die personeel, die pasinte en die besoekers wat daagliks deur die Tygerberg Hospitaal beweeg, die koopkrag het van 'n redelike groot dorp in die Wes-Kaap. So 'n openbare/private vennootskap is elders ook met groot sukses in werking gestel. By die University of Wales Hospital in Cardiff het ek daarna gaan kyk. Dit is ongelooflik om te sien hoeveel inkomste vir die hospitaal gegenereer kan word as dit suksesvol gedoen word.

Me die Voorsitter, ons sal in hierdie boekjaar R44 miljoen spandeer, saam met die Departement van Werke, aan die opgradering en instandhouding van gesondheidsfasiliteite in die Wes-Kaap. Uit hierdie toewysing word opgradering en heropbou-aktiwiteite by sowat 70 gesondheidsfasiliteite beplan. Bedrae van meer as R1 miljoen is toegewys om net visuele veranderinge aan te bring, en dit sal 11 hospitale raak.

Benewens hierdie R44 miljoen, gaan ons ook in hierdie boekjaar R11 miljoen van die sogenaamde casino-fondse spandeer, wat ook sal bydra tot die opgradering van ons instellings. Op grond van wat ons gesien het in die sale gedoen is met R110 000 en R130 000, gaan die meer as R1 miljoen wat ons by van hierdie instellings gaan spandeer 'n groot verskil maak.

Die Elsiesrivier-, Khayelitsha-, Hanover Park- en Dr Abduragman-klinieke sal almal by verfwerk en herstelwerk met hierdie geld baat.

Fondse is ook in die Begroting opsy gesit vir die bou van gemeenskapsgesondheidsentrums in Kraaifontein, Delft, Vanguard en Groenpunt. Ek kan met trots aankondig dat, met die opening van die Vanguard Gemeenskapsgesondheidsentrum tussen Bonteheuwel en Langa later vanjaar, die Tak: Gesondheid, danksy al my voorgangers se goeie werk, nie minder as 17 24-uur noodfasiliteite in die metropolitaanse gebied sal bedryf nie.

Ek is trots om te s dat die totale besteding aan kapitaalwerke, instandhouding en opgradering van R70 miljoen in die 1999-2000-boekjaar to R122 miljoen in die 2000-01-boekjaar gestyg het. Dit is 'n toename van R52 miljoen. Die publiek van hierdie provinsie sal binne een jaar die werklike verskil in ons gesondheidsdienste sien.

Die "C" in "service" staan vir "caring more". Kom ons gee meer om. Gesondheidsorg van goeie gehalte kan nie verskaf word as mense met 'n gesondheidsdiens in aanraking kom waar hulle nie met gevoel, waardigheid en respek behandel word nie. As 'n mens siek voel, en hy is arm, moet hy ook goed behandel word. Tog ontmoet ek alte dikwels lede van die publiek wat die teiken was van 'n ongevoelige houding. Ek moet s, dit is in die minderheid, maar dit gebeur wel. Dit gebeur met die distriksgeneeshere en met die personeel wat soms oorwerk en moeg is, maar dit behoort nie te gebeur nie.

Ons moet hierdie etos verander. Om enige vorm van diskriminasie uit die weg te ruim, sal ons optree teenoor personeel wat hulle skuldig maak aan hierdie tipe gedrag. Terwyl ek begrip het vir die moeilike omstandighede waaronder hulle werk, kan ons nie ons o sluit vir gevalle waar hulle mense anders moes behandel het en dit nie gebeur het nie.

In die gees van Batho Pele en in die gees van die Handves van Pasinteregte, is dit vir ons belangrik om seker te maak dat hierdie optrede aangespreek word. Ons sal daarom by die departement 'n gesondheidsombudsman of -vrou instel - kom ons noem dit maar 'n ombudsman - om saam met ons mediese regsafdeling die doeltreffende funksie van klagtes te hanteer.

Nog 'n dimensie van gesondheidsorgdiens wat meer omgee, is die verskaffing van voldoende opgeleide verpleegsters om verpleegsorg te verskaf. In hierdie Begroting het ons R3 miljoen opsy gesit om 58 nuwe verpleegposte vir gemeenskapsgesondheidsentrums in die Metropool te betaal.

Me die Voorsitter, die winter is op pad en almal is bekommerd oor die groot probleem wat ons kan h met betrekking tot die griepvirus wat op ons neerdaal. Ons het gesien wat dit aan Europa gedoen het, en ons sal seker maak dat ons personeel in die Tak: Gesondheid die nodige griepinspuitings kry. Ons sal dit by ons klinieke beskikbaar stel aan die ouer persone wat werklik 'n risiko loop.

Ons sal binnekort op die sakekamers 'n beroep doen om seker te maak dat hulle ook aan hul werkers hierdie bonus gee deur te betaal vir hul inspuitings. Ek dink ons moet veral kyk na die werkers wat nie deel is van die mediese fondse nie. Ons moet 'n beroep doen op die fabrieke en die maatskappye wat 'n groot personeel dra, om seker te maak dat hulle vanjaar ingent word.

*Dit is vir ons belangrik om vennootskappe met die privaatsektor aan te gaan. Ons in die openbare sektor sal nie die doelwitte wat ek omskryf het, behaal nie, tensy ons in samewerkende ondernemings hande neem met die privaatsektor, wat baie noodsaaklike kundigheid en hulpbronne kan aanbied. Daar is reeds talle voorbeelde van samewerking wat ons dienste tot aansienlike voordeel gestrek het.

Ek wil 'n paar noem. Ons het met die Rooikruis Vereniging van Suid-Afrika ooreengekom dat die lugambulans nou regoor die provinsie beskikbaar sal wees om helikoptervervoer aan pasinte binne 200 km van Kaapstad aan te bied. Dit sal 'n tasbare voorbeeld vir pasintesorg en behandelingsuitsette inhou.

Ek kan ook verslag doen oor geslaagde samesprekings met verskeie private hospitaalgroepe, wat daarop neerkom dat alle hospitale nou beskikbaar is vir die onmiddellike bybrenging en stabilisasie van pasinte, ongeag of hulle aan mediese hulpfondse behoort of nie. Ons waardeer hierdie vlak van samewerking regtig. Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om Netcare, MediClinic en die Afrox Groep vir hul ondersteuning in hierdie onderneming te bedank.

Ons dra almal kennis van die ondertekening van die ooreenkomste vir die opening van die nuwe mediese sentrum aan die Universiteit van Kaapstad, en ons het geadverteer vir 'n soortgelyke onderneming by die Tygerberg Hospitaal.

In die komende jaar sal ons ook verskeie ander geleenthede vir openbare/private vennootskappe ondersoek ten einde groter doeltreffendheid in ons dienste te bewerkstellig. Ons is byvoorbeeld besig om in te gaan op die moontlikheid om privaatsektorkontrakteurs te betrek by skoonmaakdienste in die nie-kliniese afdelings van ons groter inrigtings. Ons sal ook nuwe regulasies instel en teen Julie of Augustus 2000 sal ons gereed wees om die nuwe regulasies uit te vaardig om ons toe te laat om weer private hospitale-lisensies in hierdie provinsie uit te reik.

Me die Voorsitter, voordat ek met een laaste punt afsluit, wil ek die personeel van die Tak: Gesondheid bedank. Ek wil dr Sutcliffe bedank vir die werk wat hy as hoof van twee takke verrig. Ek dink hy is 'n merkwaardige man om met twee Ministers en twee departemente te kan werk. Ek dink nie dit sit in enigiemand se broek om dit reg te kry nie. Ek wil hom opreg bedank. Hy is altyd hoflik en altyd ordentlik. Ek dink hy is 'n uitstekende bestuurder. Dr Lawrence wat langs hom sit, doen ook fantastiese werk. Ek wil hulle opreg bedank. Voorts wil ek die personeel bedank - die topbestuur en almal wat vandag agter hul lessenaars sit. Ek is trots op die Tak: Gesondheid se personeel.

*Dit is prof Nicky Padiachi, die Dekaan aan die Universiteit van Kaapstad, wat ges het: "Ons beskik beslis oor die beste amptenare in Afrika." Ek kan dit net beaam. Ek stem heelhartig met hom saam.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Me die Voorsitter, ek het begin deur my optimisme oor die toekoms met agb lede te deel en aan te dui hoe ons, saam met die Tak: Gesondheid, ons gemeenskaplike visie vir gesondheidsdienste sal verwesenlik. Met 'n beter begrotingstoewysing en die verskillende geleenthede wat hulself voordoen, beskik ons nou waarlik oor die potensiaal om 'n wesenlike verskil aan die gesondheid van ons mense te maak. Ek wil vra dat ons saamstaan - as politici, professore, verplers, dokters, lede van die media en ander - om hierdie boodskap van hoop uit te dra. Saam kan en sal ons daardie verskil maak. [Toejuiging.]

*Dr A E VAN ZYL: Me die Voorsitter, ek wil die agb Minister van Gesondheid graag bedank vir hierdie Begroting, waarin ek weet hy 'n groot rol gespeel het. Ek onthou dat dr Abdullah, toe ons omtrent agt maande gelede begin het, met my gepraat het oor sy kommer oor die destydse voorgestelde verdere besnoeiings aan die begroting. Hy het die staande komitee eintlik gesmeek om iets te doen om die voorgestelde besnoeiings te staak, want hy was seker dat dit tot die ineenstorting van die Wes-Kaapse gesondheidstelsel kon lei, iets wat inderdaad 'n paar weke later in Gauteng gebeur het.

Die agb Minister het na sy departement se kommer geluister en, saam met die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning en die Tesourie, opgetree. Die gevolg is hierdie Begroting wat, hoewel nog nie optimaal nie, 'n begin verteenwoordig. Vir die eerste maal in vyf jaar is die gesondheidsektor besig om te stabiliseer en is daar vooruitsigte vir verbetering vorentoe.

Ons kan dr Sutcliffe en sy span maar net staande toejuig. Baie geluk!

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Dr A E VAN ZYL: Wat die slae betref, soos dr Lawrence dit beskryf het, veral verlede week by die nasionale Staande Komitee oor Gesondheid, kan ek net s dat uitdagings soos daardie een in daardie stadium dalk onregverdig kan lyk, maar 'n mens kom sterker daaruit.

Ons het die taak aangepak om die gesondheid van die mense in ons provinsie te verseker. Dit is 'n enorme taak. Ons is nog steeds besig om heen en weer te jaag vanwe die oorgang van een stabiele toestand na 'n ander. Die eindresultaat sal egter 'n gesondheidsorgstelsel in ewewig wees, wat dienslewering vir al ons mense sal waarborg.

Tydens die SKOF-sessie het ek hoofsaaklik gekonsentreer op die nasionale Regering se verbintenis om, en ek haal aan, "contain the spread of HIV/Aids and tuberculosis". Dit is sy Strategiese Doelwit No 4. Ek wil die agb Premier, wat nie hier is nie, graag vir sy ondersteuning bedank. In sy toespraak verlede week het hy so ver gegaan om voor te stel dat MIV/Vigs tot nasionale ramp verklaar moet word. Ons bedank hom vir sy erkentlikheid en ondersteuning. Ek is seker ons raak die harte van al ons pasinte en hul gesinne daar buite wat met die infeksie saamleef.

Ek wil ook almal bedank wat besorg is oor hierdie plaag en daarteen optree. Dit sluit my voorganger, dr Quarta du Toit, in, wat verlede jaar hartstogtelik gepraat het namens kinders met MIV en gevra het vir die beskikbaarstelling van AZT aan swanger moeders. Om haar toesprake in Hansard te lees, het my daarin gesterk om hierdie lofwaardige stryd verder te voer.

'n Bykomende R8 miljoen is vir die nuwe boekjaar toegewys. Die strategie sal verbeterde MIV-voorkoming en tuisgebaseerde sorgprogramme insluit, om twee te noem. Daar moet ook genoem word dat die streek 'n aansienlike bedrag van sy eie diensbesteding aan MIV/Vigs-dienste bestee, wat 'n integrale deel van sy distriks- en streekvlakdienste is.

Wat my egter bekommer, is die departement se TB-genesingskoers, wat na verwagting van 68% tot 80% sal toeneem, terwyl daar ook verwag word dat MIV-infeksiekoerse wesenlik sal toeneem. Daar is 'n verband tussen TB-infeksiekoerse en di vir MIV/Vigs. Ek wonder net - ek wil die aandag van die agb Minister hierop vestig - of die departement rekening gehou het met MIV/Vigs as verwarrende faktor toe hulle die TB-genesingskoers bereken het.

Wat die stigting van 'n nasionale Vigs-raad betref, het ek reeds my kommer uitgespreek. Hoewel ek saamstem dat ons beter georganiseerd moet wees, het ek onder die indruk verkeer dat die nasionale interministerile komitee oor Vigs die liggaam was wat aan die voorpunt van die stryd teen die siekte sou staan. Dit lyk asof ons op nasionale vlak tyd verkwis deur komitees aan te stel, terwyl ons behoort te konsentreer op die plan van aksie vorentoe.

Die NVR sluit belangrike Suid-Afrikaanse kundiges op die terrein uit, asook leidende MIV/Vigs NROs. Ander bronne van kommer is die uitsluiting van die grootste Vigs-konsortium, wat 230 NROs verteenwoordig, die feit dat geen navorsers of wetenskaplikes vir die raad benoem is nie en die gebrek aan verteenwoordiging van gesondheidsberoepslui of dokters in die NVR.

Die onafhanklikheid van die NVR het, wat my betref, in die gedrang gekom. Ek sou die agb Minister derhalwe graag wou vra om op hierdie sake in te gaan en in 'n gepaste stadium in die toekoms aan die staande komitee terug te rapporteer.

Die feit dat die nasionale Departement van Gesondheid in gebreke gebly het om 40% van sy begroting vir MIV/Vigs te bestee, is besliste bewys van wanbestuur. Dit is 'n misdaad dat lewensreddende medikasie van Suid-Afrikaners weerhou word as gevolg van onbekwaamheid. MIV/Vigs is ons nasionale ramp, en dit behoort no 1 op die Regering se prioriteitslys te wees. Dit is vir my dubbel so tragies om van hierdie probleme te verneem, want ek het 'n nasionale Minister van Gesondheid vertrou en gerespekteer.

Dan is daar die verslag van die nasionale departement oor loodsprojekte om leerlinge by verskeie skole vir MIV/Vigs te toets. Ek wil weer eens weet of die departement hieroor gekontak is en wat ons Provinsie se strategie sal wees as daar een sal wees. Die ouers daar buite is bekommerd.

Me die Voorsitter, ek wil nou oor 'n ander kommerwekkende gesondheidsaak praat. Ek is seker dat almal kennis dra van die griep wat duisende mense in die VSA en Europa aangetas het en 'n 33 jaar oue Walliese sokkerspeler se dood veroorsaak het. Hierdie griepepidemie, waarna die agb Minister verwys het, het gelei tot 'n krisis in die hospitale en roetine chirurgie moes vanwe 'n tekort aan beddens uitgestel word.

Ek wil daarom in die eerste plek 'n beroep doen op bejaardes - dit is diegene van 65 jaar en ouer - horisikopasinte, mense met kroniese siektes soos suikersiekte, asma, hartsiektes en longsiektes, kroniese rokers met kroniese brongitis of emfiseem, diegene wat aan kroniese niersiektes ly en diegene met verswakte immuniteitstelsels om hulle so gou moontlik teen die griep te laat inent.

Ten tweede doen ek 'n beroep op die algemene praktisyns van die Wes-Kaap om proaktief te wees en met bejaardes in verbinding te tree om hulle te herinner om hul griepvoorkomende inentings te kry.

Ten derde doen ek 'n beroep op die plaaslike nuusblaaie en ander media om saam te werk om mense in risiko daarvan bewus te maak dat hulle hierdie voorkomende griepinentings moet ondergaan.

Ten vierde versoek ek die Wes-Kaapse algemene praktisyns om dit te oorweeg om as voorkomende maatrel antibiotika vir bejaardes en mense in risiko voor te skryf, sodat hulle dit kan begin neem sodra hulle 'n seer keel, hoofpyn, loopneus, en so meer, begin ontwikkel, en nie wag totdat hulle in die bed moet gaan klim nie.

Me die Voorsitter, ek wil nou aandag gee aan 'n ander onderwerp, naamlik die handves van pasinteregte wat in die Batho Pele-beginsels vervat is. Hierdie handves verwoord die verbintenis van die Departement van Gesondheid en Maatskaplike Dienste tot die verskaffing van empatieke en doeltreffende dienste deur middel van 'n primre gesondheidsorgstelsel. Die handves sit 12 regte uiteen, naamlik di op 'n gesonde en veilige omgewing, op toeganklike gesondheidsorg, op vertroulikheid en privaatheid, op ingeligte toestemming, om te kla, op voortgesette sorg, om behandeling te weier, en so meer. Dit is sekerlik 'n belangrike stap in die proses om basiese gesondheidsregte vir ons mense te herstel. Ek wens me Khan en haar span sukses toe met die loodsing van die handves.

Ek wil afsluit deur 'n paar aspekte rakende die voorgestelde navorsingsinstituut vir malaria op te klaar. Ek dink dit was u, me die Voorsitter, wat kommer uitgespreek het oor die ligging van die sentrum. Volgens u behoort dit naby of in die provinsie te wees waar die meeste pasinte saamgetrek is, byvoorbeeld KwaZulu-Natal.

Moderne navorsing kan uitgevoer word in 'n satelliet wat om die aarde wentel. Die data kan in die streek ingesamel en elektronies aan die navorsingsentrum oorgedra word. Om die waarheid te s, een voordeel daarvan om 'n sentrum te h wat ver van die aangetaste omgewing is, is dat die personeel nie aangesteek sal word nie. Dit sal voorkom dat hulle van die werk moet wegbly en daardeur die navorsing in gevaar stel. Een van die wreld se belangrikste navorsingsinstitute vir malaria is in Antwerpen, Belgi, naamlik die Instituut vir Tropiese Siektes.

Kliniese en mediese navorsing kan 'n belangrike bron van inkomste vir die gesondheidsektor wees. In Belgi het ek kliniese eksperimente bestuur waar die dokter se vergoeding gelyk was aan sewe syfers per pasint in rand-bedrae. Die meeste spesialiste in hospitale gebruik hierdie geld vir noodsaaklike toerusting, soos masjinerie, drukkers en voorraad. Ek doen 'n beroep op die departement om hierdie inkomstebron ernstig te oorweeg.

Mnu P M JACOBS: Mhlalingaphambili, mandingene ngokuthi nam ndithulele umnqwazi uGqirha Sutcliffe neqela lakhe ngomsebenzi omhle abaqhubekayo ukuwenza. Mandikhankanye, ndivume, ukuba banazo iinzuzo kulo msebenzi omhle abaqhubekayo ukuwenza. Kodwa mandibalule zibe mbalwa kwezi nzuzo: ukuhla kwabasebenzi ngamashumi amabini anesixhenxe ekhulwini; ukuhla kweebhedi ezibhedlele ngamashumi amabini anesihlanu ekhulwini; kwa ukuhla kwenkcitho yeSebe lezeMpilo nge-9,4% kunyakamali ka-1999-2000. Kwakhona, ukwamkelwa kwabantu kwizibhedlele zoqeqesho nge-2,1% - kwizibhedlele zengingqi nge-4,4%; kwizibhedlela zenqila nge-4,41%. Eyona nto ndiyibalule kakuhle eyokokuba lo mahluko wenza ukuthi inani lezigulane ezithi zinyangwe kwi-primary health care services linyuke, ukuthetha, ezi zigulane ezinyangwa kwi-community health centers okanye iikliniki.

(Vertaling van isiXhosa-paragraaf volg.)

[Mnr P M JACOBS: Me die Voorsitter, ek wil begin deur my te vereenselwig met diegene wat dr Sutcliffe en sy span gelukgewens het met die goeie werk wat hulle steeds verrig. Ek wil graag erkenning gee daaraan dat hulle verskeie voordele verwesenlik het deur middel van hul voortgesette goeie werk. Ek wil 'n paar van hierdie voordele beklemtoon: die afname van 27% in die getal werkers; die afname van 25% in die getal beddens in hospitale; en die afname van 9,4% in die besteding van die Departement van Gesondheid tydens die 1999-2000-boekjaar. Ek wil ook graag melding maak van die afname van 2,1% in die toelating van mense tot akademiese hospitale - 4,4% in streekhospitale en 4,41% in distrikshospitale. Wat vir my merkwaardig is, is die feit dat hierdie verandering gelei het tot 'n toename in die getal pasinte wat primre gesondheidsorgdienste, dit wil s, gemeenskapsgesondheidsorgsentrums of -klinieke gebruik.]

*Hoewel die proses van afskaling oor die afgelope vier jaar tot hierdie prestasie gelei het, is dit betreurenswaardig dat die verliese op streekvlak en onder verpleegpersoneel was, in so 'n mate dat daar nou 'n tekort aan sowat 1 000 verplers is. Dit moet aandag geniet, in die lig daarvan dat die verplers die ruggraat van die gesondheidsorgstelsel is, en veral in die lig daarvan dat dit 'n geweldige uitwerking op die gehalte van sorg gehad het.

Hoewel daar 'n toename in die MIV/Vigs-begroting was, is dit hoegenaamd nie genoeg om die vereiste vlak van sorg te handhaaf nie. Die toename in die begroting kan in geheel opgeneem word deur die voorkomende aspekte, wat baie min oorlaat vir bevorderende en genesende aspekte. Dit is nie aanvaarbaar om bloot op fondse van die nasionale Departement van Gesondheid staat te maak vir die ondersteuning van pasinte wat MIV-positief is nie. Die Wes-Kaapse Regering moet fondse vir sodanige sorg verskaf, want meer en meer mense gaan van 'n MIV-positiewe toestand tot volwaardige Vigs oor.

Me die Voorsitter, in die toewysing word geen aanduiding gegee van watter aspekte, indien enige, van die TB-program uitgebou sal word nie. Daar is ook geen aanduiding van hoe die MIV- en TB-programme ten opsigte van die finansile beplanningsaspek sal saamwerk nie. Daar word geglo dat daar vanjaar alleen wreldwyd meer mense aan TB sal sterf as in enige vorige jaar. Tussen 1993 en 1996 was daar wreldwyd 'n toename van 13% in TB-gevalle. Die Wes-Kaap het ongelukkig een van die hoogste TB-syfers in die wreld. Die voorkoms, soos tydens 1997 alleen gemeet, was 496 per 100 000 mense, en sowat 600 per 100 000 mense tydens 1999. Dit dui daarop dat 'n toename in TB-gevalle aangemeld word.

Die begrotingstoewysing bied nie genoeg ondersteuning aan landelike gebiede nie. 'n Kroniese tekort aan fondse vir landelike gebiede het gelei tot groter ongelykhede in die gesondheidstatus van landelike mense. Dit moet, en kan, as 'n saak van dringendheid reggestel word.

'n Spesiale poging moet aangewend word om onder alle gesondheidsbeleidsgebiede en -departemente aandag te gee aan die gesondheidsbehoeftes van gestremdes. Die beleid oor rehabilitasie behoort die volgende in te sluit:

-	Omvattende herstrukturering van rehabilitasiedienste op alle vlakke, maar hoofsaaklik gemik op 'n gemeenskapsgebaseerde stelsel, met aktiewe deelname van gemeenskappe, gestremdes, en almal wat rehabilitasiesteun nodig het, en hul gesinne.

-	Die reg van gestremdes om beskerm te word.

-	Intersektorale werk om doeltreffende rehabilitasiedienste in opvoedkundige, welsyns- en arbeidsektore te bevorder en te verseker.

-	Rehabilitasiedienste om die ontwikkeling van selfhelp-inisiatiewe te bevorder deur gestremdes te help om die nodige vaardighede en ingesteldheid te bekom, en om met sodanige inisiatiewe vol te hou.

Voordat ek van hierdie onderwerp afstap wil ek graag die volgende vrae stel, wat gevra word deur mense wat met gestremdheid saamleef: bevorder en implementeer ons Provinsie hoegenaamd die Handves van Regte vir Gestremdes van Suid-Afrika? Is daar gemeenskapsgebaseerde rehabilitasieprogramme en opleiding? Word gemeenskapsgebaseerde dienste en geriewe verbeter om te verseker dat gemeenskapsgesondheidsentrums verantwoordelikheid aanvaar vir die kordinering van die dienste wat voorsien in die behoeftes van gestremdes? Dit is maar 'n paar van die vrae hierdie wat deur gestremdes gestel word.

Me die Voorsitter, die karige toename in die begrotingstoewysing vir ortotiese en prostetiese dienste is heeltemal onaanvaarbaar. Daar word die meeste teen gestremde mense gediskrimineer, en as voorsiening nie gemaak word vir 'n doeltreffende toename in hul begrotingstoewysing nie, word daar verder teen hulle gediskrimineer.

Aanmeldbare siektes, sowel onder volwassenes as die kinderbevolking, is een van die belangrikste oorsake van morbiditeit en sterftes in Suid-Afrika. TB is op sigself die aanmeldbare siekte wat die meeste voorkom, en dit is 'n ingewikkelde openbare gesondheidsprobleem wat steeds versleg, soos ek vroer aangedui het. Masels en buikloopsiektes onder kinders toon steeds 'n ho voorkomssyfer en 'n groot getal sterftegevalle. Hepatitis B, akute asemhalingsinfeksies en SOSe wek ook groot kommer vanwe die ho voorkoms daarvan.

Ons moet die inentingsprogramme versterk en die dekking daarvan verbeter; die verspreiding van die onderskeie siektes beheer en epidemiese uitbrekings verminder, met inbegrip van inenting teen Hepatitis B; en 'n strategie ontwikkel om TB te beheer deur middel van metodes soos verbeterde diagnose, behandelingsbestuur, nakoming en doeltreffende opvolgwerk. Gemeenskapsopvoedingsveldtogte moet op 'n deurlopende grondslag, soos gepas, deur gemeenskapsgesondheidsentrums versterk word. Spesiale aandag moet gegee word aan kostedoeltreffende behandeling en beheermetodes vir sekere aansteeklike siektes met 'n sterk betrokkenheid deur gesinne en gemeenskappe, en daar bestaan 'n behoefte aan kordinering van die openbare sektorbedrywighede met NROs, die privaatsektor en belanghebbende partye op alle vlakke van gesondheidsorg.

Me die Voorsitter, 'n belegging in die gesondheid van kinders is 'n belegging in die toekoms van die land. Dit krag van die gesondheidstelsel word in die gesondheidstatus van kinders weerspiel. Aangesien jong kinders veral kwesbaar en van hul moeders afhanklik is, moet hulle te alle tye spesiale beskerming en ondersteuning geniet, veral in tye van konflik, natuurrampe en ekonomiese tespoed. Moeder- en kindergesondheidsbeleid moet deel uitmaak van 'n algehele ontwikkelingsbeleid wat toegang tot 'n voldoende lewenstandaard verskaf. Die klem moet op gesondheidsbevordering en siektevoorkoming wees, wat 'n baie groter uitwerking op kinderoorlewing sal h as die blote behandeling van siektes. Dit is lewensbelangrik in enige program vir moeder- en kindergesondheid wat ontwikkel word, nie vertikaal is nie en 'n gentegreerde, omvattende benadering omvat.

Die ho sterftesyfers wek groot kommer, veral onder minderbevoorregtes. 'n Sleutelfokusarea moet wees om die gesondheidstatus van vroue te verbeter en te verseker dat meganismes daargestel word sodat geen moeder sterf vanwe 'n gebrek aan toegang tot gesondheidsorg en/of -dienste nie. Moeders en kinders moet met waardigheid hanteer word.

Me die Voorsitter, goeie voeding l aan die grondslag van ontwikkeling en is van wesenlike belang om gesondheidstatus te verbeter, veral di van kwesbare groepe. Dit is die primre gesondheidsorgkomponent wat die nouste onderling verwant is aan ander sektore en waar gesondheid 'n belangrike opvoedingsrol het om te vervul. Voorts sluit gentegreerde primre gesondheidsorgdienste in Suid-Afrika 'n voedingskomponent in om voedingsverwante siektes te identifiseer en aandag daaraan te gee. Voedingsingrypings moet die waardigheid en selfrespek van ontvangers bevorder en ondersteun, en erkenning gee aan mense, eie gebruike, kundigheid en skeppendheid as belangrike magte van verandering. [Tyd verstreke.]

*Mnr M LOUIS: Me die Voorsitter, ek volg baie graag op die agb lid mnr Jacobs. Ek kan sien dat hy baie navorsing gedoen het, en ek wens hom geluk.

Me die Voorsitter, ek is trots daarop om aan hierdie debat deel te neem. Die agb Minister van Gesondheid het aan drie baie sensitiewe drukpunte geraak, veral die hele kwessie van die siening van hospitale. Ek dink dat dit baie belangrik was.

Dit is onnodig om te s dat openbare/private vennootskappe aanprysenswaardig is. Ek wil die Departement van Gesondheid en Maatskaplike Dienste daarmee gelukwens dat hulle 'n meer sakegerigte benadering aanvaar het. Dit is net jammer dat ek nie die finansile bestuurder in die hokkie daar sien sit nie. Daar is miskien 'n positiewe rede vir sy afwesigheid. [Tussenwerpsels.] Ek wens dr Sutcliffe geluk met die baie positiewe wyse waarop hulle hierdie jaar aanpak.

Dit is nodeloos om te s dat ons geweet het dat die agb Minister vandag oor Vigs sou praat. Ek wil na 'n ander epidemie in hierdie provinsie verwys, en dit is die hele kwessie van trauma en traumabestuur. Baie slagoffers, hetsy met steek- of skietwonde, of van padongelukke, het noodaandag nodig. Van hierdie aandag word by klinieke gegee en van die aandag by tersire en sekondre hospitale. Op 'n gereelde grondslag op Saterdagaande is ng die Tygerberg Hospitaal, ng Groote Schuur Hospitaal se ongevalleafdelings egter beskikbaar, want hulle moet vir tot vier ure lank sluit omdat hulle nie die lading van ernstige traumagevalle kan hanteer nie.

Enigiemand wat selfs net in die verbygaan daaraan gedink het dat ons probleme opgelos kan word deur een van hierdie hospitale te sluit, het duidelik nog nooit hierdie ongevalle-eenhede aan die einde van die maand op 'n Saterdagnag tussen middernag en twee-uur in die oggend besoek nie. Dr Sutcliffe was blykbaar daar op Nuwejaarsdag, en ek weet dit is nie hoe hy Oujaarsaand deurgebring het nie. Ek sou aan alle agb lede van hierdie Huis wou voorstel dat dit iets is wat hulle moet doen om die hele probleem van trauma te begryp. Miskien sal die agb Minister ook kan aandui of hy daar was tussen middernag en twee-uur in die oggend.

Een van die sleutelfunksies van akademiese hospitale is die opleiding van dokters. Dokters word deur spesialiste opgelei. Spesialiste weet altyd die beste, veral oor die ernstige toestande. Hulle is ongelukkig akademici, en trauma word nie as akademies beskou nie. Praktiese opleiding in trauma-bestuur is baie swak op voorgraadse vlak. Om vierdejaar- en vyfdejaarstudente te stuur om 'n enkele nag in trauma deur te bring, waar dit aan hulself oorgelaat word om te leer wat hulle kan, indien hulle sou wou opdaag, is 'n blote verskoning vir opleiding.

'n Gebrek aan trauma-opleiding is ongelukkig ook van toepassing op hospitaaljaarvlak in die meeste van die hospitale. Dit is owerheidsbeleid om jong dokters na verafgele hospitale en klinieke te stuur om hul jaar gemeenskapsdiens te verrig. Wanneer hulle daar aankom, word daar van die dokters verwag om te weet hoe om trauma te evalueer en te bestuur. Nogtans het ons akademiese hospitale waar hierdie huisdokters hoegenaamd glad nie blootgestel word aan traumabestuur nie.

Een ongevalle departement in die Metropool wat tans goeie opleiding in traumabestuur aan huisdokters verskaf, wat saam met hul senior kollegas in ongevalle werk, is by die Conradie Hospitaal, maar hierdie ongevalle-afdeling is blykbaar geoormerk om vanjaar gesluit te word. Dit is jammer.

Die gebrek aan opleiding veroorsaak duur foute. Onervare dokters neig om onnodig gevalle na die akademiese hospitale te verwys, wat hulle self in afgele hospitale behoort te kan bestuur. Dit plaas onnodige druk op die ambulansdienste.

Die situasie word verder beduiwel deur die ingewikkelde struktuur van ons gesondheidsorgdienste. Ons het supra-streekhospitale wat onder een direktoraat ressorteer, met een stel standaarde en metropolitaanse hospitale onder 'n ander stel standaarde. Dr Rahman van die Tygerberg Hospitaal het in 'n onderhoud met Tygertalk in November ges dat streng beheermaatrels oor die uitgawes van die hospitaal ten opsigte van die medisyne, verbande en ander behoeftes ingestel is.

Die werklikheid is egter dat die sekondre hospitale en primre sorgklinieke baie strenger beheermaatrels het as hospitale soos Tygerberg. Dit is deels die gevolg van die onaantasbaarheid van die akademiese opleiding by tersire hospitale, en ek kan 'n paar voorbeelde verstrek. Kom ons neem 'n traumaslagoffer wat opgeneem word met 'n hoofbesering van sodanige aard dat hy of sy twee of drie dae later uit die hospitaal ontslaan word, sonder dat neurochirurgie nodig is. In 'n sekondre hospitaal sou hierdie persoon onder waarneming vir die ontwikkeling van probleme gewees het en slegs na 'n tersire hospitaal vir 'n CAT-skandering van R1 000 oorgeplaas word indien probleme ontwikkel het. In 'n tersire hospitaal sou hierdie selfde pasint met die skandering begin het. Dieselfde probleem, maar twee standaarde.

Hier is nog 'n probleem. Tersire hospitale is belangrike plekke. Hulle beleef ernstige trauma. Nogtans is dit waar ons ons toekomstige dokters oplei, en die meer geringe traumagevalle, die gevalle waaruit die studente behoort te leer, word nie toegelaat nie. 'n Waardevolle opleidingsgeleentheid gaan dus verlore. Die swak verskoning is dat die tersire begroting nie toelaat dat daardie gevalle behandel word nie.

Sulke rels kan die slegste na vore laat kom in personeel wat onder stres verkeer. 'n Pasint wat beroof en in die gesig gesteek is, kom by die hospitaal aan nadat hy deur die psigologiese trauma van die ervaring gegaan het, en word dan meegedeel dat sy lewe nie in gevaar is nie en hy of sy dus 'n daghospitaal moet gaan soek vir behandeling. [Tyd verstreke.]

*Mnr D SILKE: Me die Voorsitter, dit is vir my aangenaam om vandag tot hierdie debat toe te tree. Ten eerste wil ek my dank betuig teenoor die Departement van Gesondheid, en veral aan drs Lawrence, Sutcliffe en Abdullah wat oor die afgelope week navolgenswaardig was in hul omgang met die staande komitee en SKOF. Wat my betref, wat oor die afgelope paar jaar, solank as wat ek hier is, met hulle te doen gekry het, moet ek s dat hulle baie goeie staatsamptenare is wat aan ons as wetgewers 'n groot klomp agtergrondinligting verstrek het. Party daarvan is redelik tegnies, maar vir 'n leek soos ek help dit sekerlik dat hulle bereid is om die ekstra myl te loop om die tegniese aspekte aan ons as wetgewers te verduidelik. Ek waardeer dit veral.

Dit is 'n verskriklike ding om te s, maar as 'n mens in Suid-Afrika gaan siek word, moet jy maar liewer in die Wes-Kaap siek word, want volgens statistieke van die Gesondheidstelselstrust beskik die Wes-Kaap oor die grootste verspreiding van gesondheidspersoneel per 10 000 van die bevolking ten opsigte van dokters, verplers, tandartse en aptekers, in vergelyking met al die ander agt provinsies in Suid-Afrika. Om die waarheid te s, die statistieke toon dat die syfers aansienlik hor is as in die ander provinsies.

Voorts is die persentasie huishoudings wat nader as 5 km aan mediese sorg is, ook in die Wes-Kaap die hoogste. Dit dui daarop dat hierdie departement, ten spyte van die probleme wat hy oor die afgelope paar jaar ondervind het, steeds daarin slaag om 'n baie beter as gemiddelde diens te lewer - in hul eie woorde, sekerlik een van die beste dienste in Suid-Afrika.

Die departement is oor die afgelope vier jaar tot op die been gesny, met 'n afname in besteding in rele terme van net minder as 10% en 'n verlies aan meer as 9 000 personeellede, of 27% van die werkmag. Die feit dat hierdie statistieke steeds vars is, dui daarop dat ons inderdaad 'n ho gehalte diens lewer met 'n verminderde personeelkomponent.

Natuurlik is daar nog ernstige probleme in gesondheidsorg hier, en ek kan dalk net na vier in die besonder verwys. Ten eerste bly die gebrek aan verpleegpersoneel 'n probleem. Die gebrek aan toereikende intensiewesorgeenhede is, dink ek, ook 'n probleem. Die wagtyd by klinieke bly 'n probleem regoor die Wes-Kaap. As 'n mens na 'n kliniek gaan, kan jy sien dat dit 'n probleem is. Natuurlik is die instandhouding van die infrastruktuur by Wes-Kaapse mediese geriewe altyd 'n probleem, en dit is vir my aangenaam om te sien dat dit wesenlik aandag geniet in hierdie spesifieke begroting - die eerste maal, dink ek, in 'n hele paar jaar dat dit in 'n redelike mate aandag geniet.

Dit was vir die gesondheidsdienste onmoontlik om ongeskonde uit die afskalingsproses te kom, en die departement het 'n merkwaardige taak verrig in die bestuur van die krisis deur die profiel van sy dienste effektief te hervorm. Dit sluit die verlening van voorrang aan primre gesondheidsorg ingevolge die 1995-gesondheidsplan in, asook die herorganisasie van hospitaaldienste in 'n poging om onafhanklikheid van akademiese hospitale te verminder.

Die departement het vanoggend tydens die vergadering van die staande komitee aangedui dat die afnames afgeplat het, en dat hy nou standaarde op die nuwe vlakke handhaaf. Wat ons natuurlik moet doen, is om ons vlakke te verhoog en dan daardie nuwe standaarde te handhaaf soos ons tydens die MTEF-tydperk aangaan.

Dit is vir ons in die Provinsie baie bevredigend dat die departement, wat een van die groot spandeerders ten opsigte van ons Begroting is, nou 'n tydperk van groter stabiliteit binnegaan en sterker kan konsentreer op die verbetering van dienslewering.

Dienslewering is natuurlik een aspek, en die agb Minister het dit bespreek, maar hierdie Begroting, met die benadering van die agb Minister wat daarin neerslag vind, is eintlik 'n nuwe begin vir die Departement van Gesondheid. Dit is 'n nuwe begin ten opsigte van 'n meer uitwaartse soeke na die invordering van eie inkomste en na openbare/private vennootskappe en openbare/private mengsels. Dit is regtig, veral van ons kant van die Huis, te verwelkom.

Wat die invordering van eie inkomste betref, het ons oor die afgelope paar jaar 'n afname in hierdie departement se vermo om sy eie inkomste in te vorder ten opsigte van hospitaalontvangste, of hospitaalgeld, beleef. Dit is ongelukkig dat hierdie departement inderdaad slegs 3% van sy eie inkomste skep, en daardie bedrag het oor die afgelope drie jaar afgeneem. Dit is daarom te verwelkom dat die departement nou nuwe planne sal ondersoek om inkomste in te vorder, veral deur sy hospitaaldienste.

Voorts wil ek graag teenoor die departement aan die hand doen dat ons, ten opsigte van die vordering van sy eie inkomste, 'n soort getabuleerde inkomstebehoudsplan moet h. Ek weet dat die departement daaraan gewerk het om hierdie idee te ontwikkel; ek dink oor die afgelope jaar, sedert die nuwe agb Minister oorgeneem het. Ons moet 'n plan h wat sekere teikens vir inkomstebehoud stel. Miskien moet ons weet wat daardie teikens is, asook watter planne in watter stadiums in werking gestel sal word om daardie inkomste te ontvang wat ons so dringend nodig het. Inkomsteteikens is nodig, en dit is waarskynlik ook nodig as deel van die Begroting van die Departement van Gesondheid. Dit sou baie doen om ten minste vir ons 'n doelgerigte uitkyk op die toekoms te gee.

Die agb Minister het natuurlik melding gemaak van die baie belangrike saak van uitbesteding by hospitale. Ons aan hierdie kant van die Huis was nog altyd van mening dat uitbesteding belangrik is. Baie van die gevallestudies oor die afgelope paar jaar onder leiding van dr Sutcliffe was uiters geslaagd, soos die Pinelands wasgoeduitbestedingsepisode.

Die ander sleutelkwessie van die Begroting en van die veranderende stelsel van gesondheidsorg, afgesien van inkomstebehoud, is behoud van outonomie by hospitale, en die bemagtiging van hospitale om hulself te bestuur en met kundigheid na hul eie spesifieke sake om te sien. Ons moet in hierdie land en, natuurlik, in die provinsie - ek sou graag wou h dat die agb Minister hierop moet kommentaar lewer - behoorlike hospitaalbestuurstrategie by die verskillende hospitale ontwikkel, veral die groter akademiese hospitale, wat in terme van die Begroting die kontant-opslurpers is.

Wat ek graag sou wou sien, is dat ons hospitaalbestuurders - miskien is dit 'n fantasie teen die agtergrond van hoe die Staatsdiens homself bestuur - in staat moet wees om hul eie aanstellings en uitdiensstellings te maak, en om dit in 'n omgewing van relatiewe vryheid te doen wat hulle, as bestuurders van hierdie baie belangrike inrigtings, in staat sou stel om die mees doeltreffende dienste daar te stel.

Personeelvlakke is veral hard getref tydens die tydperk van afskaling. Selfs tydens die 1999-2000-boekjaar het die tak voortgegaan om af te skaal met 'n afname van 1 115 gevulde poste van 1 Februarie 1999 tot 1 Februarie 2000. Dit is egter vir my aangenaam om te s - ek moet die departement hiermee gelukwens - dat die getal botalliges nou verminder is van 'n ietwat onhanteerbare 328 tot 'n meer matige 45. Ek verwelkom dit beslis.

Dit is belangrik dat die tak sleutel- professionele personeel behou, en ek verstaan dat daar verskeie inisiatiewe aan die gang is om dit te verseker. Die instelling van gemeenskapsdiens vir dokters het gehelp met die toevoer van dokters, veral in distrikshospitale, en die komende inwerkingstelling vir tandartse en aptekers sal waarskynlik ook voordelig wees. [Tussenwerpsels.]
In hierdie stadium dui voorlopige berekenings egter daarop dat die verbeterde Begroting ook die vul van ongeveer 500 poste in Gesondheid sal toelaat, en dit is 'n welkome verandering van die siklus van uitdiensstellings oor die afgelope paar jaar. [Tyd verstreke.]

*Me N C PHENDUKA: Me die Voorsitter, ek wil my graag vereenselwig met my kollegas en die personeel bedank wat ons van nrens na rens geneem het, sodat ons vandag aan hierdie debat kan deelneem nadat ons ingelig is oor optrede in die toekoms.

Ek neem vandag aan die debat deel nadat ek die Begroting oorweeg het en veral ingegaan het op die beleidsrigtings wat as riglyne in die maak van die toewysings gebruik is. Hierdie beleidsrigtings is opgestel met die doelstelling en die kernfunksies van die departement in gedagte.

Me die Voorsitter, tydens die kiesafdelingsweek het ek 'n besoek aan twee daghospitale gebring, naamlik di in Site C en Site B. Die geskiedenis van hierdie twee inrigtings is een van lang toue elke dag, en 'n mens kan maar net raai of daar 'n dokter sal wees om aandag te gee aan die pasinte of nie. Die Site C-hospitaal is altyd tot oorlopens vol mense en hulle beskik nie oor die personeel om hulle te behandel nie. Ek neem dit ook op hierdie ... [Onhoorbaar.] Mense word ingebondel in 'n paar baie klein, veeldoelige spreekkamers. Die gevolg is dat daar geen privaatheid vir die pasinte is nie.

Ek beskou 'n hospitaal as 'n struktuur wat aan die mense hoop en sielkundige genesing gee. As dit nie so is nie, is dit nie goed genoeg nie. Ek is nie seker hoe dit hanteer moet word nie, maar ek pleit by die agb Minister om daardie hospitale te privatiseer.

Ek wil verwys na studie, opleiding, algemene personeelontwikkeling en die erkenning wat dit geniet. Hoewel die Wet op Gelyke Indiensneming hiervoor voorsiening maak, is dit vir die bestuurstrukture moeilik om die wet toe te pas. Ek is nie seker waarom nie, maar die bestuurstrukture maak altyd verskonings - hulle verwag dat die agb Minister die voorskrifte van die Wet op Gelyke Indiensneming moet nakom. Hierdie gesindheid moet van tyd tot tyd noukeurig gemoniteer word. Ek stel voor dat bestuur hiervoor verantwoordelik gehou word.

Me die Voorsitter, ek wil nou graag 'n brief aan die Huis voorlees wat dr Hilton aan die agb Minister gestuur het, en ek haal aan:

Dear Minister Koornhof

I am concerned by the report coming from the patients that they are being turned away from day hospitals and clinics: "We are without medication being dispensed and told that the medication was not available." No alternative plans were made and no follow-ups were arranged with the doctors to assess the results of the omission.

I (Dr Hilton) suspect that this is the fault of the nursing staff at these clinics, but I cannot be sure of that.

The medication not dispensed, included anti-hypertension ... [Inaudible.] ... treatment, resulting in dangerously high blood pressure readings when seen by me subsequently in my room.

I am also concerned that when I refer the patients back to the day hospitals, they are asked to come with letters and that doctors at the clinics are changing medications, and I am not referring to the generic substitute letters. The doctors at the clinics are changing medications.

Dit bring die Huis by die punt waar ons moet vra watter soort moniteringstelsel daar is om toe te sien dat die medikasie in die hospitale inderdaad onder die pasinte versprei word op die wyse wat dit veronderstel is om te gebeur. Die brief gaan voort, en ek haal aan:

This often results in suboptimal therapy being substituted or important medicines being stopped without notifying me. What can be done? This situation is unacceptable and it is only a matter of time before we have tragedy on our hands.

Me die Voorsitter, ek het hierdie brief voorgelees, want ek wil hierdie Huis bewus maak van die krisis wat in ons hospitale bestaan, veral ten opsigte van die farmaseutiese middels. Ek weet van 'n geval in my omgewing waar medisyne by die hospitaal gesteel is. Die gemeenskap het die inisiatief geneem om die saak by die polisie aan te meld. Tot dusver weet ons nog nie wat daar gebeur het nie. Ek doen daarom 'n beroep op die agb Minister om metodes te ontwerp om baie noukeurig op hierdie ernstige saak in te gaan.

Ek wil nou die kwessie van personeelpakkette ophaal. Daar is steeds verwarring hieromtrent, veral onder verpleegpersoneel. Dit behels behuising, belastingkategorie en vervoertoelaes. Wie kom in aanmerking vir vervoertoelaes? Dan is daar ook oortyd en bevordering. Hierdie toedrag van sake het ontnugtering en meer stres by die personeel tot gevolg gehad. Die agb Minister moet daarvan kennis neem en probeer help waar hy kan.

Me die Voorsitter, ek wil hierdie geleentheid gebruik om te s ... [Tyd verstreke.]

*Mnr P J MARAIS: Me die Voorsitter, ek wil begin deur 'n ware verhaal te vertel, 'n verhaal van Abraham Fortune van Elsiesrivier. Abraham was 74 jaar oud en 'n afgetrede spoorwegwerker. Hy woon vir die afgelope 50 jaar saam met sy vrou, Dollie, in 12de Laan. Hy was arm en het in 'n hout-en-sink-huis op sy eie erf gewoon. Die huis was goed gebou, stewig, netjies en gerieflik. Abraham het aan suikersiekte gely en sy een been is twee jaar gelede geamputeer. Sy gesondheid het agteruit gegaan en die groot agterstand by die prostetiese sentrum by Conradie Hospitaal het sy kanse om 'n kunsbeen te bekom tot feitlik nul verminder.

Op Dinsdag, 7 Maart 2000, het hy ernstig siek geword en is hy na die Elsiesrivier Daghospitaal geneem vir 'n moontlike verwysing na die Tygerberg Hospitaal. Hy is egter nie voor die volgende middag na Tygerberg gestuur nie. Hy is die hele dag en nag op 'n draagbaar by Elsiesrivier Daghospitaal laat l. Hy het sy bewussyn verloor. 'n Dokter het hom Woensdag ondersoek en ges dat hulle onmiddellik met hom na die Tygerberg Hospitaal moes haas. 'n Breinskandering is eers om agtuur daardie aand gedoen. Hy het nooit sy bewussyn herwin nie en om 17:30 Sondagmiddag gesterf. Hy het 'n weduwee en twee dogters agtergelaat.
Sy dood het nie die hoofopskrifte gehaal nie en daar was nie 'n Kaap om Ses-, Radio Punt- of televisiekamera-ondersoek nie. Hy het 'n blote statistiek geword, 'n slagoffer van ons stelsel van pasintverwysings wat verskriklik verkeerd geloop het.

Soos baie ander het Abraham Fortune ook vir die eerste maal in 1994 gestem. Hy het weer in 1995 en 1999 gestem, maar hy het arm en sonder hoop gesterf. Hy het ons vertrou en ons het hom in die steek gelaat. Ons was te besig om op die volgende verkiesing te konsentreer en daarvoor voor te berei om sy pleitkrete te hoor. Die stelsel het Abraham Fortune in die steek gelaat en hy het gesterf. Hy sal hierdie week begrawe word.

Ons huidige verwysingstelsel deur daghospitale is besig om die lewens van duisende pasinte in gevaar te stel. Die meeste daghospitale is swak beman en is nog nie 24-uur geriewe nie. Waarom moet hulle die eerste toegangspunt wees as hulle so onderbeman is? Sekondre beddens en primre gesondheidsorgsentrums behoort 'n integrale deel van akademiese hospitaalkomplekse gemaak te word, wat sodoende van pasintverwysing 'n administratiewe instrument sou maak, in plaas van om God te speel oor mense se lewens.

Ons beleid van vrywillige skeidingspakkette - en dit is nie 'n saak waaroor ek wil praat nie - het ons gesondheidstelsel byna lam gel. Sedert 1995 het die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid sy personeel met 9 007 verminder en die hospitaalbeddens is met 3 628 verminder. Ons sal hierdie boekjaar met 3 000 minder personeellede en 900 minder beddens as die vorige jaar begin. Dit is ten spyte van die feit dat besoeke aan ons primre gesondheidsorgsentrums van 1,8 miljoen in 1996 tot 2,9 miljoen toegeneem het.

Ons verminder verder gesondheidspersoneel ten spyte van vooruitskouings wat daarop dui dat ons babasterftesyfer waarskynlik sal vererger vanwe MIV/Vigs. Ons speel met vuur in 'n poging om binne ons begroting te bly. Tensy die Sentrale Regering bykomende fondse beskikbaar stel om 'n doeltreffende stryd teen Vigs te voer, is ons gedoem. Uiteindelik sal ons sit met 'n begroting wat mooi klop en lyke wat die hele plek vol l.

'n Bedrag van R8 miljoen is toegewys vir tuisgebaseerde sorg en R28,7 miljoen aan ons laerskool-voedingsprogram. Dit moet verwelkom word. Ek bedank die departement omdat hulle dit beskikbaar stel, maar ek is teleurgesteld omdat daar nie 'n skoolvoedingsprogram vir voorskoolse kinders is nie. Hulle ly ook aan wanvoeding. Hulle is ook ondervoed. As nasionale beleid nie voorsiening maak hiervoor nie, moet ons ons eie beleidsrigtings ontwikkel. Per slot van rekening beskik ons oor samelopende bevoegdhede met die nasionale Regering oor gesondheidsake. Waarom moet die kinders in crches honger ly omdat al die kos by laerskole opgeet word? Ons moet dit gebruik om hierdie provinsie van eenvormigheid en middelmatigheid te red.

Ons moet ons wette en regulasies wysig om verpleegpersoneel en dokters wat VSPs ontvang het, toe te laat om na staatshospitale terug te keer. Ons het hulle nodig. Ons moet aansporingskemas instel om afgetrede verpleegpersoneel terug te lok na die professie om met vrywillige tuissorg te help. Daar behoort 'n nasionale oproep van gesondheidswerkers wat afgetree het te wees om te help met programme wat ontwerp is om MIV/Vigs en tuberkulose te bestry.

Ons staatshospitale is tot oorlopens vol behoeftige pasinte, wat veroorsaak dat die meer welgestelde pasinte na private hospitale vlug en ons inkomstegeld nog verder verminder. Hierdie proses blyk onomkeerbaar te wees, tensy ons die gehalte van staatshospitale opgradeer. Ons kan nie hierdie proses omkeer deur bloot die lisensies vir private hospitale terug te hou nie. Dit sou wees soos om 'n Band Aid-strokie op 'n kwaadaardige gewas te plaas.

Private hospitale het 'n bloeiende bedryf geword omdat ons toegelaat het dat staatshospitale in 'n toestand van verval raak. Ontoereikende personeelsterktes en verouderde toerusting wat nie behoorlik werk nie, vererger ons sorge. Pasinte wat betaal, kan bekostig om kieskeurig te wees. Hulle eis ho standaarde van higine in sale, toilette en wagkamers. As ons dit nie aan hulle gee nie, sal die uittog na private hospitale voortgaan.

Ons moet 'n meer buigsame benadering h tot die toekenning van private hospitaallisensies sodat duisende verplers wat VSPs ontvang het, weer deur die privaatsektor in diens geneem kan word.

Die FFK-formule vir die toewysing van fondse aan die provinsies moet ook hersien word. Ons is nie 'n ryk provinsie nie. Ons word bloot goed bestuur. Die nasionale Regering moet leer om prestasie te beloon en dit nie te straf nie. Daar behoort aansporingsbonusse te wees, en nie strawwe nie, vir goeie regering. Hoewel ons voortdurend geprys word vir ho standaarde en bekwaamheid in die Wes-Kaap, moet ons kennis neem van die waarskuwing van William Shakespeare: "Mag moet nooit voor vleitaal kniel nie!" [Tussenwerpsels.]

Bewoners van krotbuurte, Vigs-slagoffers, straatbedelaars en mense soos Abraham Fortune lees nie die Financial Mail of akademiese bundels om te sien hoe goed ons regeer word nie. Hulle weet nie dat die Wes-Kaap die provinsie in die land is wat die beste regeer word nie. Hulle is in elk geval te besig met 'n stryd teen die elemente - ren, wind, honger, siekte en wanvoeding - om om te gee. Hulle is te terneergedruk vanwe hul eie situasie om deur di van ons bendruk te word.

Hulle durf nie sonder hoop sterf nie. Die dood van een Abraham Fortune was genoeg. Ons goeie voornemens is nie goed genoeg nie. Praktiese beleid en oplossings moet ons droomtogte rig.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Me die Voorsitter, ek dink dat dit baie duidelik is wie die Premier in hierdie Huis behoort te wees. [Tussenwerpsels.] Van die een helfte van die koalisie het ons 'n toespraak van 'n ho standaard gehoor. [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, daar is beleidstoesprake en dan is daar begrotingstoesprake. Beleidstoesprake gaan oor wat 'n mens hoop om te doen. Begrotingstoesprake gaan oor hoe 'n mens dit gaan doen, want daarin neem 'n mens 'n voorneme en meet dit aan die finansies, die personeel en die toerusting en materiaal wat jy het. Ek voel dat die agb Minister van Gesondheid in 'n mate die doel van wat sy Begrotingsrede behoort te wees, gemis het.

Toe ek op die agb Minister se 100-dae visietoespraak op 13 September 1999 geantwoord het, het ek ges dat ons tot Maart 2000 moet wag. Ek het gedink dat ons dit die voordeel van die twyfel moet gee en tot Maart moes wag. Ek het nou gekyk na wat hy toe ges het. Hy het byvoorbeeld ges, en ek haal aan uit Hansard: Provinsie Wes-Kaap, deel 3, bl 326 :

Ek is van plan om die Kabinet binnekort met 'n nuwe Wetsontwerp op Rade vir Provinsiale Gesondheidsgeriewe te nader, ...

Hy het vandag niks daaromtrent ges nie.

Hy het voortgegaan en ges hoe hy na die Huis sou kom met 'n eie inkomste-aansporingsraamwerk. Vandag het hy presies dieselfde ges as wat hy toe ges het, naamlik dat die behoud van 50% tot 100% vermeerder moet word. Hy het presies dit in sy toespraak op 13 September verlede jaar ges.

Toe het hy gepraat oor die behoud van private pasinte. Hy het dit vandag weer ges. As hy na sy bestuurders luister, sal hy hoor dat dit dalk te laat kan wees - die private pasinte het die hasepad gekies.

Hy het toe ges dat hy sou onderneem om, en ek wil hom hieroor aanhaal uit bl 327:

... 'n geweldige verhoging van bewustheid van MIV/Vigs in my Ministerie (te) bewerkstellig ...

En hy gaan in dieselfde trant voort. Die Begroting self, wat ontoereikend is, wys dat baie min geld na werklike bewusmakingsuitbouingsveldtogte gaan. Daar word baie in strukture, en so meer, gepomp.

Die agb Minister het toe ges dat 'n provinsiale MIV/Vigs-raad aangestel sou word en dat hy binnekort die naam van die persoon aan die hoof daarvan sou aankondig. Hy het vandag weer presies dieselfde ges. [Tussenwerpsels.]

Toe het hy ges, en hier moet hy 'n mate van erkenning kry, dat die toerusting agterstand R300 miljoen beloop het en steeds gegroei het. Vandag het hy hierheen gekom, die kwessie van toerusting verdoesel, en ges dat sowat R50 miljoen bestee sou word. As 'n mens deur die Begroting gaan, soos ek gedoen het, sien jy dat daar R50 miljoen is, waarvan R11 miljoen vir administrasie by die Hoofkantoor gebruik word. Dit sluit fotostaatmasjiene en rekenaars, en so meer, in. Ons praat van mediese toerusting en, indien 'n mens die Begroting deurgaan, word dit tot ongeveer R33 miljoen verminder.

Toe het hy gepraat oor die loodsing van 'n millenniumveldtog. Die millennium het gekom; die millennium het gegaan. Miskien is ons besig om te werk aan die wetenskaplike millennium volgende jaar!

In hierdie toespraak spreek hy sy ontevredenheid uit oor die feit dat slegs 100 nuwe diploma-verpleegstudente geregistreer het. Hy het ges ons kan nie toelaat dat dit voortgaan nie. As 'n mens hierdie Begroting deurlees, sien jy dat hy slegs 58 van hulle in diens neem, en die beleidsdokument wat 'n oorsig hiervan verskaf, bevat 'n grafiek wat aantoon dat 1 000 verpleegsters in hierdie provinsie nodig is. Die feit dat hy 58 in diens neem, is 'n druppel in die emmer. Ons stem met hom saam dat ons nie kan toelaat dat dit voortgaan nie. Hy het egter nie met 'n plan vorendag gekom oor hoe om die verplegingsituasie te hanteer nie.

Tydens dieselfde sitting in September 1999 het hy 'n voorstel ingedien wat daarop neergekom het dat hy verantwoordelikheid moet aanvaar vir die indiening van wetgewing in die Huis rakende mediese afval. Vandag het hy niks oor enige wetgewing ges nie. Ons staande komitees het geen wetgewing gesien nie, en wat sal gebeur as iemand op die volgende klomp naalde afkom?

Me die Voorsitter, ek is jammer, ek dink werklik dat die agb Minister nie die oogmerke van 'n begrotingsdebat verstaan het nie, want in so 'n debat word planne op die tafel gesit. Die vraag wat in 'n begrotingsdebat beantwoord moet word, is: hoe bestee ons ons geld? Ek het nie 'n deftige geheuerympie wat op die woord "BESTEE" gegrond is om ons te help onthou nie, maar dit kom basies neer op 'n vraag van hoe ons ons geld bestee.

In die 1997-98-boekjaar het ons 'n begroting van R2,6 miljard gehad. Hierdie agb Minister het 'n begroting van R3,3 miljard in die 2000-01-boekjaar. Wat gaan hy daarmee doen? Watter opspraakwekkende verskil sal ons in Gesondheid sien tussen verlede jaar en die komende jaar? Volgende jaar skiet dit met R300 miljoen op. Watter opspraakwekkende verandering sal ons sien?

Me die Voorsitter, wat dit nie s nie, is wat nog altyd in hierdie Huis deur al die Ministers van Gesondheid hier in die nuwe bedeling ges is: daar was 'n eerlikheid omtrent tekorte. As 'n mens deur hierdie Begroting lees, soos ek gedoen het, sal jy sien dat daar, ondanks die MTEF, R60 miljoen te min is. Hoe gaan dit bestuur word? Dit word omgerol na die volgende jaar. Hoe gaan dit bestuur word?

Die agb Minister is korrek. Hy het waarskynlik na al die professore gegaan en hulle meegedeel dat die akademiese hospitale R80 miljoen ekstra kry. Kom ons kyk na daardie R80 miljoen. R44 miljoen gaan reeds na die bestryding van die tekort van R60 miljoen wat hy opgebou het. R38 miljoen gaan na salarisverhogings. Hy kan nie daaraan raak nie. R12 miljoen in die begroting vir akademiese hospitale is vir toerusting geoormerk, wat goed is, maar te min. R16,2 miljoen is inflasie op nie-personeeluitgawes, wat ons by 'n totaal van R110,2 miljoen bring, wat op daardie wyse bestee moet word. As agb lede my sou vra, sou ek s dat dit oorbesteding op die toename van R80 miljoen verteenwoordig. Ek dink nie dat dit enigiets is om oor opgewonde te raak nie. Ek sien dat dr Abel Ragmanie Omaya hierheen gekom het in die hoop dat akademiese hospitale hulp sou kry, maar dit is die boodskap.

Ons prys die Tygerberg Hospitaal, maar ons tree nie teen die Groote Schuur Hospitaal op nie. Waar het daardie oorbesteding primr plaasgevind? Het ons die moed om daardie inligting te pak en te verseker dat vinnige vordering gemaak word met die regskaling van die akademiese gesondheidsentrums?

Ons moet werklik 'n soort aanduiding kry van of die agb Minister bewus is van die tekort van R60 miljoen, of hy oneerlik met ons was en wat die plan is om dit te bestry. Dit strek verder as die opgewondenheid oor 'n toename in die Begroting.

Personeel is die tweede veranderlike waaraan 'n mens 'n begrotingsrede meet. Teen 1997-98 was daar 28 000 mense wat vir die Departement van Gesondheid gewerk het. 'n Groep kundiges, met inbegrip van di van die Kings Fund, het ons meegedeel dat indien ons wou regkom, ons nie moes toelaat dat ons gesondheidpersoneelgetalle onder 27 500 val nie. Vandag het ons 23 600 mense wat vir ons werk. Dit is in stryd met al die waarskuwings wat ons ontvang het.
Afgesien van sterftes en aftredes, is vrywillige skeidingspakkette die enigste metode wat ons het om van personeel ontslae te raak. Wie het daardie vrywillige skeidingspakkette onderteken? Die praktyk, en ek is seker dat die agb lid mnr Marais dieselfde sou s, is dat ons as Ministers persoonlik vrywillige skeidingspakkette onderteken het, maar ons het dit binne 'n ooreengekome raamwerk geteken. En ons het daarteen baklei!

Kom ons neem dit verder. Kom ons kyk na die uitwerking daarvan op, s, geestesgesondheid. Volgens hierdie verslag was dit die voorneme om 100 kroniese psigiatriese beddens te sluit. Ons het 'n totale sluiting van 204 beddens gehad, wat veroorsaak is deur die verlies aan personeel. Meer as die helfte hiervan is by die Lentegeur Hospitaal. Die Lentegeur Hospitaal het die kwaaiste skade gelei.

Die sakeplan het spesifiek gemeld, en ek verwys steeds na hierdie verslag, dat dit nie die voorneme van die departement was om enige personeel by psigiatriese hospitale te verloor nie. Nogtans het die groottotaal personeellede tydens die jaar met meer as 11% afgeneem. Die punt is, gaan ons blindelings deur die herstruktureringsproses? Het ons die voorneme uit die oog verloor? Het ons die plan verloor? Het ons fokus verloor? Wat daardie verslag ons meedeel, is dat goed eenvoudig gaandeweg gebeur het.

Ek het melding gemaak van die kwessie van verpleging en die feit dat 1 000 verpleegsters nodig is. Ons sou byvoorbeeld kon ingaan op die kwessie van oortyd en 'n verslag opstel oor wat dokters vir oortyd werk verdien. Ek sou s dat ons nie 'n verdere aanslag daarop moet doen nie, omdat ons onbehoorlike oortyd van hulle weggeneem het, maar eerder moet kyk na daardie gewetenlose mediese praktisyns wat oortyd eis en dit dan nie werk nie. Ek is seker dat ons van die R100 miljoen wat jaarliks aan oortyd bestee word, R20 miljoen sal kan bespaar. Hoeveel verpleegsters kan daarmee in diens geneem word? [Tyd verstreke.]

*Die MINISTER VAN GESONDHEID: Me die Voorsitter, ek sal later na die agb Leier van die Opposisie terugkom.

*Me T ESSOP: Hoeveel later?

*Die MINISTER: Wel, as agb lede sal wag, sal dit binne die volgende 10 minute wees. Ek beskou sy toespraak as baie onvanpas, en dit komende van 'n agb lid wat nie by enige van die SKOF-vergaderings was wat ek bygewoon het, waar ons die Begroting bespreek het nie, en 'n agb lid wat nie eens een vergadering van die Staande Komitee oor Gesondheid bygewoon het sedert ek my amp aanvaar het nie, 'n agb lid wat nie eens die moeite gedoen het om te lees wat ek in my toespraak ges het nie, afgesien van om daarna te luister. Nou, die eerste maal dat hy enige wisselwerking met gesondheidskwessies op hierdie vlak het, kom hy hier in as die voormalige Minister en hy probeer om 'n belangrike figuur ten opsigte van gesondheid te wees.

*Mnr P C MCKENZIE: Is sy feite agtermekaar, of nie?

*Die MINISTER: Ek s aan die agb Leier van die Opposisie dat daardie houding heeltemal onregverdig is, veral komende van iemand wat nooit deelgeneem het nie, afgesien daarvan om hier op te staan ter wille van die publiek, of wat hy ook al gedoen het. Hy, as iemand wat baanbrekerswerk met die provinsiale gesondheidsplan gedoen het, sal begryp wat ek s.

Wat hy hier gedoen het, was beslis nie in die belang van gesondheid nie. Hy verstaan nie wat aan die gang is nie. Hy was deel van die rasionalisasie van gesondheid in hierdie provinsie. Hy was die een wat baanbrekerswerk op baie van hierdie terreine gedoen het. Sy regering het eerste die vrywillige skeidingspakketstelsel aangepak en hy het gesondheidswerkers afgeteken asof dit uit die mode gegaan het. [Tussenwerpsels.] Ek dink dit was 'n baie ontoepaslike aanval.

Ek weet nie wat hy bedoel nie. Ek tree baie hoflik teenoor alle agb lede aan daardie kant van die Huis op, en hulle teenoor my. Hulle is baie opbouend in al die vergaderings waar ons gaan sit om die sake te bespreek. Maar die agb Leier van die Opposisie was nrens te sien nie. [Tussenwerpsels.] As dit sy bydrae tot gesondheid is, weet ek nie mooi nie!

Die wetsontwerp op 'n raad op gesondheidsgeriewe is nog by die Provinsie se regsdepartement. Ons hoop dat ons dit binnekort sal kan indien. Ek het nie vir daardie vertraging in die Regsdepartement gevra nie. Hulle is oorwerk en onderbeman, maar die Wetsontwerp op die Raad op Gesondheidsgeriewe is op pad. Die Raad op Gesondheidsgeriewe is nog 'n onafgehandelde saak. Ek dink dit is ingestel toe die agb Leier van die Opposisie nog die opposisie was. Waarom? Ek het in September ges dat ek dit sal doen. Nou, vier maande later, sal die Wetsontwerp op die Raad op Gesondheidsgeriewe hier ter Tafel gel word.

Sedert die dag toe ek oor betalende privaatpasinte gepraat het, het ons 'n handelsrekening by Karl Bremer Hospitaal ingestel. Ek sal later volledige besonderhede verstrek om te wys hoe suksesvol ons as departement in daardie opsig was. [Tussenwerpsels.] Dit is absolute onsin. Dit was nie moontlik om betalende private pasinte na ons hospitale te lok nie, want dit was werklik nie bemarkbare handelsartikels nie. Dit is wat ons nou probeer regstel. Ek dink dit was baie onregverdig van die agb Leier van die Opposisie om ons, as sy voormalige departement, daarvolgens te beoordeel. [Tussenwerpsels.]

Die agb Leier van die Opposisie het aangehaal uit my 100-dae toespraak oor wat ek omtrent MIV/Vigs sou doen. Hy het heeltemal korrek aangehaal. Ek het na my Ministerie verwys, nie na die departement nie. Ek het aandag gegee aan presies wat ons sou doen in my departement. In my Ministerie het ek 'n raadgewende groep gestig. Waarom nie in daardie stadium 'n provinsiale raad nie? Omdat ons meegedeel is dat 'n nasionale beleid op pad was en ek daarby gehou het. Ek glo nie in verskillende beleidsrigtings vir gesondheid nie, want ons woon in een land. Dit is 'n besluit wat ons op daardie vlak geneem het. Die provinsiale Vigs-raad sal nou aangestel word, want dit is nasionale beleid en die Interministerile Raad is op nasionale vlak oorgeneem. Ons sal die nodige oorlegpleging in daardie verband doen.

Die agb Leier van die Opposisie was heeltemal onredelik. Ons het ons huiswerk gedoen en ons strategie ten opsigte van die opleiding van verpleegsters beplan. Ons weet dat ons in hierdie moeilikheid verkeer vanwe beleidsbesluite wat deur vorige administrasies geneem is. Die tespoed sal ons binne twee jaar tref. [Tussenwerpsels.] Ons is besig om iets daaromtrent te doen. As die agb Leier van die Opposisie my toespraak lees - ek sal 'n afskrif aan hom stuur - sal hy in die bylae sien dat dit 'n baie goeie begrotingspos is.

Wat mediese afval betref, as die agb Leier van die Opposisie meer gereeld in die Huis was, soos hy behoort te wees, sou hy weet dat die agb Minister van Plaaslike Regering besig is om mediese afval te hanteer. [Tussenwerpsels.] Hy sal binnekort aan hierdie Huis verslag doen oor wat ons gedoen het. [Tussenwerpsels.] Wel, ek het op die agb Leier van die Opposisie gereageer. Ek sal my toespraak aan hom stuur sodat hy meer ingelig kan wees oor gesondheid en oor wat ons in daardie departement doen.

Ek kom nou by die agb lid dr Van Zyl. Ek wil haar bedank vir die werk wat sy doen as voorsitter van die staande komitee. Ek dink ons gaan 'n baie interessante tyd tegemoet. Ek sou baie graag wou h dat die staande komitee baie meer aktief is en meer gesien word in ons hospitale deur daar besoek af te l om sodoende ook die moreel van ons personeel 'n bietjie 'n hupstoot te gee.

Sy het 'n baie belangrike saak geopper aangaande Vigs. Ek dink dit is belangrik. Die provinsiale Vigs-raad wat ons beoog, sal beslis nie in die omstredenheid gebore word waarmee dit op nasionale vlak gepaard gegaan het nie. Ons wil dit 'n nie-politieke liggaam maak, maar wel die betrokkenheid van politici verseker. Dit is vir ons belangrik. Ons sal die regte kundiges gebruik, soos diegene wat reeds in die Ministerile adviesgroep dien. Dit is mense wat weet wat hulle doen en 'n fantastiese rekord het as dit kom by hierdie baie belangrike siekte. Ek bedank die agb lid vir haar aktiewe deelname. Dit is baie belangrik.

Sy het 'n verdere belangrike punt geopper, naamlik dat daar op nasionale vlak gevra gaan word dat skoolkinders getoets kan word. Dit is reggestel deur die nasionale Minister, ook per brief aan al die provinsiale Ministers van Gesondheid. Hulle is besig met 'n ander projek rakende die gedrag van kinders op skool. Daar is verkeerdelik berig dat hulle kinders sou dwing om toetse te ondergaan.

Uit die aard van die saak is dit nie moontlik nie. 'n Mens het die toestemming van die voog nodig om dit te doen en jy kan dit ook nie doen voor jy nie behoorlike berading gedoen het nie.

*Die belangrike punt is: as 'n mens seksueel aktief is, moet jy weet wat jou gesondheidstatus is. Selfs al is jy op skool en seksueel aktief, moet jy weet wat jou status is. Dit is waarom ons die inisiatiewe loods om vrywillige toetsing te h om teikens daarvoor vas te stel. Die Mediese Navorsingsraad is in Bellville, en dit sou nie onvanpas wees as fondse bekom sou kon word om so 'n instituut in die Wes-Kaap te h nie. Ons beskik oor die kundiges en navorsers wat goeie werk kan doen.

Agb lede sal sien dat ons nie vir die malarianavorsingsinstituut begroot het nie. Ek dink nie dit val binne ons begroting nie, maar ek dink die agb lid is reg. Die Mediese Navorsingsraad is in Bellville en dit sou nie onvanpas wees as fondse bekom sou kon word om so 'n instituut in die Wes-Kaap te h nie. Ons beskik oor die kundiges en navorsers wat goeie werk kan doen.

Ek wil die agb lid mnr Jacobs graag bedank vir sy vriendelike woorde oor dr Sutcliffe en die personeel. Ek dink dat hulle dit verdien. Ongelukkig was daar afskaling, maar dit was nodig om binne die begroting te bly. Die sukses daarvan moet toegeskryf word aan my voorgangers, onder die leiding van dr Sutcliffe, wat 'n baie moeilike tydperk in Gesondheid in hierdie Provinsie moes bestuur.

Die agb lid het ook melding gemaak van die tekort aan verpleegsters. Ons is bewus daarvan en gee aandag aan die saak. Ons wag op die Reddy-kommissie, wat sal bepaal of dit 'n funksie van hor onderwys is en of dit binne die provinsiale sfeer van gesondheid moet bly. Ons is besorg en ons doen beslis iets daaromtrent.

Ons kan waarskynlik nooit genoeg geld aan MIV/Vigs bestee nie. Dit is 'n siekte waaraan soveel emosie gekoppel is, maar ons moet nie die fout begaan om te dink dat indien ons geld daarin pomp, ons sal slaag nie. As ons nie die regte programme instel nie, sal ons nooit slaag nie. Dit is waarom ons groot bedrae geld aan lewensvaardighede programme bestee. As mense nie hul lewenstyle verander nie, sal ons nooit die stryd teen hierdie siekte wen nie. Die lewensvaardighede programme sal binnekort by ons skole ingestel word. Dit sal waarskynlik 'n groot verskil maak.

Ek dink ons is besig om sukses te behaal ten opsigte van die landelike gebiede. Die eerste genesende maatrels ten opsigte van 'n geneeshulp vir tuberkulose is ingestel, maar die voorkomssyfer styg omdat so baie mense met MIV/Vigs na die provinsie kom. Daar is 'n verband. Ons weet dit almal. [Tussenwerpsels.] Wat ons programme betref, is die genesende gedeelte suksesvol en ek is baie bly dat ek dit kan aankondig. [Tussenwerpsels.]

Ek wil die agb lid mnr Louis bedank. Ja, ek weet wat die omstandighede ten opsigte van trauma is. Ek was daar, maar ek sal binnekort rel dat die staande komitee en die departement daarheen gaan om self te sien wat die toedrag van sake is. Die ongelukkige aspek is dat die meeste beserings deur pasinte self veroorsaak word, en alkoholmisbruik is ook 'n groot bydraer tot traumaprobleme. Ek sal ingaan op ander sake wat die agb lid opgehaal het. Ek dink dat dit baie belangrik is en ek sal die departement vra om aandag daaraan te gee.

Ek bedank ook die agb lid mnr Silke vir sy bydrae vanmiddag. Ja, die Wes-Kaap is die beste plek om te woon, maar dit is ook die beste plek om siek te word omdat ons 'n goeie diens bedryf en ons is baie trots daarop.

Ons het wel 'n inkomsteteiken. [Tussenwerpsels.]

*Me T ESSOP: U was nie in die komitee nie, Minister Koornhof. Die DP was afwesig.

*Die MINISTER: Toe ek by die komitee was, was die agb lid mnr Silke ook daar. Hy was een van vier agb lede wat vanoggend daar was. Hy is 'n toegewyde lid van daardie komitee en ek bedank hom daarvoor. [Tussenwerpsels.] Ons het wel inkomsteteikens en ek sal binnekort 'n goeie inkomsteplan indien.

Ek kan die agb lid me Phenduka meedeel dat ek by die Site B- en Site C-hospitale was. Hulle moet ongetwyfeld opgradeer word, en ons is besig om daarop in te gaan. Ek het in my toespraak ges dat indien ons die gemeenskappe, hospitaalrade en kliniekrade kan bemagtig om hul eie opgradering te doen deur van kleiner kontrakteurs gebruik te maak, dit beslis baie beter sou wees as om te wag vir die lang proses om deur Openbare Werke te gaan om dit te laat doen.

Die agb lid het melding gemaak van 'n baie interessante saak. Ek sal die antwoord wat ek aan daardie dokter gestuur het, aan haar stuur. Dit is 'n groot bron van kommer. Ons is bekommerd oor die veranderinge in medisyne en ons is besig om daarop in te gaan.
*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, op 'n punt van orde: die agb Minister is besig om 'n dialoog met agb lede te voer en lewer nie repliek teenoor die hele Huis nie. [Tussenwerpsels.] 

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Die agb Minister mag voortgaan. [Tussenwerpsels.] Orde!

*Die MINISTER: Me die Voorsitter, dit is baie duidelik dat dit die agb lid me Essop nogal goed gedoen het om Maleisi te besoek. Verlede week was dit baie stil in die Huis, maar ek moet s dat dit altyd aangenaam is om die agb lid terug in die Huis te h. Ek bedank haar omdat sy agb lede wakker hou tydens die bespreking van my Begrotingspos. Ten minste luister hulle dan na my.

Ek rig my tot agb lede wat die hoflikheid gehad het om tydens hul toesprake vrae aan my te stel. [Tussenwerpsels.] Dankie, ek sal ook daarop ingaan.

Wat die agb lid mnr Marais se bydrae betref, wil ek hom gelukwens met sy eerste toespraak in sy nuwe hoedanigheid. Dit was in die gees van hoe ek hom leer ken het. Gesondheid - soos hy beter weet as ek, want hy was my voorganger - is 'n baie emosionele saak. Toe die Kaizer Family Foundation toekennings aan gesondheidsjoernaliste gegee het, het Ansu Thom die prys gekry. Haar kommentaar toe sy opstaan, was dat dit as gesondheidsverslaggewer moontlik is om elke dag op die voorblad van die koerant te wees weens al die tragedies wat hulle afspeel, veral in die openbare gesondheidsfeer. Ek dink sy is reg. 'n Mens moet daardie dinge kies wat 'n verskil kan maak.

As die agb lid aan my die inligting oor wyle Abraham Fortune gee, sal ek baie graag die saak volledig laat ondersoek en volledig aan hom en die Huis verslag doen, indien hulle dit vra.

*In my toespraak het ek baie duidelik ges dat ek besorg is oor die bestuur by ons daghospitale en gemeenskapsgesondheidsentrums. Ons is besig met 'n werkstudie om te kyk hoe ons dit kan verbeter. Dit is een van die eerste sake wat ek raakgesien het, en dit is dat die bestuursvlak by daghospitale nie is wat dit behoort te wees nie. Ek dink dit moet reggestel word.

Ek stem saam met die agb lid. Ek dink ons moet teruggaan na die unies - nie net as dit kom by wiskunde- en wetenskaponderwyers nie - om seker te maak dat ons goed opgeleide verpleegsters wat vrywillige skeidingspakkette geneem het, kan terugneem. Dit was 'n onvermydelike maatrel wat ons gebruik het om ons getalle te verminder.

Ek dink ons hospitale is beter. Ek dink die begroting wat ons beoog, gaan ons hospitale beter maak. Daar is 'n groot nuwe opkomende mark wat nie mediese fondse kan bekostig nie, maar graag beter gesondheid wil h. Dit is 'n mark wat ons baie graag terug wil h in ons hospitale. Dit is moontlik om dit te doen.

Ek bedank die agb lid mnr Marais vir sy toespraak. Ek sal bly wees as hy die inligting wat ek gevra het aan my sal gee. Ek sal daarop ingaan.

Debat afgesluit.

HUIS HERVAT:

Voortgang gerapporteer.

Die Huis verdaag om 16:01.


AANKONDIGINGS, TERTAFELLEGGINGS EN KOMITEEVERSLAE

TERTAFELLEGGINGS:

Die Speaker:

1.	Verslag van die Ouditeur-generaal oor die finansile state van Begrotingspos 3 - Behuising, Plaaslike Bestuur en Beplanning van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir die jaar geindig 31 Maart 1998 [PR 11/2000].

2.	Verslag van die Ouditeur-generaal oor die finansile state van Begrotingspos 6 - Gesondheid van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir die jaar geindig 31 Maart 1998 [PR 2/2000].

3.	Algemene Verslag van die Ouditeur-generaal oor die rekenings van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir die jaar geindig 31 Maart 1998 [PR 4/2000].

4.	Verslag van die Ouditeur-generaal oor die finansile state van Begrotingspos 2 - Provinsiale Parlement van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir die jaar geindig 31 Maart 1999 [PR 15/2000].

5.	Verslag van die Ouditeur-generaal oor die finansile state van Begrotingspos 6 - Gemeenskapsveiligheid van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir die jaar geindig 31 Maart 1999 [PR 23/2000].

6.	Verslag van die Ouditeur-generaal oor die finansile state van Begrotingspos 8 - Handel, Nywerheid en Toerisme van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir die jaar geindig 31 Maart 1999 [PR 16/2000].

7.	Verslag van die Ouditeur-generaal oor die finansile state van Begrotingspos 9 - Landbou van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir die jaar geindig 31 Maart 1999 [PR 17/2000].

8.	Verslag van die Ouditeur-generaal oor die finansile state van Begrotingspos 14 - Provinsiale Dienskommissie van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir die jaar geindig 31 Maart 1999 [PR 9/2000].

9.	Verslag van die Ouditeur-generaal oor die finansile state van Begrotingspos 16 - Sport en Rekreasie van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir die jaar geindig 31 Maart 1999 [PR 18/2000].

10.	Verslag van die Ouditeur-generaal oor die finansile state van Begrotingspos 19 - Verbetering van Diensvoorwaardes van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir die jaar geindig 31 Maart 1999 [PR 10/2000].
11.	Spesiale Verslag van die Ouditeur-generaal oor die Voormalige Bestuursrade in Landelike Gebiede (Oorgangsrade) in die Provinsie Wes-Kaap [PR 24/2000].

12.	Verslag van die Ouditeur-generaal oor die finansile state van Begrotingspos 11 - Omgewing- en Kultuursake van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir die jaar geindig 31 Maart 1999 [PR 19/2000].

13.	Verslag van die Ouditeur-generaal oor die finansile state van Begrotingspos 1 - Premier van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir die jaar geindig 31 Maart 1998 [PR 122/1999].

14.	Spesiale Verslag van die Ouditeur-generaal oor die uitstaande finansile state ten opsigte van Plaaslike Regerings in die Provinsie Wes-Kaap soos op 30 September 1999 en 31 Desember 1999 [PR 34/2000].

15.	Verslag van die Ouditeur-generaal oor die finansile state van Begrotingspos 17 - Departement van Vervoer van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir die jaar geindig 31 Maart 1999 [PR 37/2000].

16.	Verslag van die Ouditeur-generaal oor die finansile state van Begrotingspos 7 - Korporatiewe Dienste van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir die jaar geindig 31 Maart 1998 [PR 124/1999].

17.	'n Boodskap vir Statebondsdag 2000

		Van Haar Majesteit die Koningin, Hoof van die Statebond

		"It is highly appropriate that the theme of Commonwealth Day at the start of the new millennium should be The Communications Challenge. For much of the millennium just ended, the challenge was to relay information as speedily and accurately as possible. What once took weeks is now instantaneous. But the advance in technology brings a new challenge, of how to use rapid communication responsibly and for the common good. We have to strive to ensure that the advantages of modern communication systems are available to all, and are used to bring us all closer together, not to create fresh divisions. And we need to remember that exciting though the new ways of communicating undoubtedly are, what matters most is what we say to each other.

The Commonwealth is an organisation so diverse and widespread that it has always depended on good communications which are helped, of course, by having a common language. Recent advances in communication technology are particularly helpful in fostering the non-governmental networks which help to make the Commonwealth so unique. The exchange of information and sharing of experiences between representatives of civil society in the different countries form an important part of the Commonwealth's activities at the start of the 21st century. Both in these networks, and in our co-operation at government level, our shared values and traditions provide a foundation for using the new technology to our common advantage.

The challenge for the century just started will be to find ways to use ever faster communications to bring greater harmony and understanding both within each of our societies and between them, and thereby to strengthen the Commonwealth."

1286	MAANDAG, 13 MAART 2000



	MAANDAG, 13 MAART 2000	1285


